Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/04 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 12 Julie
  • Week wat begin met 19 Julie
  • Week wat begin met 26 Julie
  • Week wat begin met 2 Augustus
Ons Koninkryksbediening—2004
km 7/04 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 12 Julie

Lied 108

12 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Diensopsiener bespreek reëlings vir ontoegekende gebied. Hersien brief van 31 Mei 2004 oor ontoegekende gebied, asook lektuuraanbod, datums, gebied waarin gewerk sal word, huisvesting en vervoerreëlings. Kan party hulppionierdiens doen? Gemeentes wat nie ontoegekende gebied het nie, moet reëlings bespreek om in gebied te werk wat selde gedek word. Gebruik die wenke op bladsy 4 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Julie en die Ontwaak! van 22 Julie aangebied kan word. Een demonstrasie moet toon hoe ’n tydskrif aangebied word vir iemand op straat wat nie jou taal goed kan praat nie.

18 min: “Volg Jehovah se geregtigheid na.”a Nooi gehoor om na gelang van die tyd oor die teksverwysings kommentaar te lewer.

15 min: Die Bybel, ’n boek met betroubare voorspellings. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op die brosjure ’n Boek vir alle mense, bladsye 27-9. In ons bediening ontmoet ons dikwels mense wat in die toekoms belangstel. Die Bybel voorsien betroubare inligting oor ’n rooskleurige toekoms vir gehoorsame mense. Bespreek ’n paar Bybelprofesieë wat vertroue in toekomstige Bybelvoorspellings versterk. Laat ’n verkondiger kortliks demonstreer hoe gebeure in die Bybel gebruik kan word om ’n belangstellende te help om sy vertroue in die Bybel op te bou.

Lied 16 en slotgebed.

Week wat begin met 19 Julie

Lied 83

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek die belangrikheid daarvan om by ’n gereelde program van daaglikse Bybellees te bly, al word ons normale roetine deur ander bedrywighede ontwrig. Sluit kommentare in oor bladsy 32 van Die Wagtoring van 15 Augustus 2000.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Hou progressiewe Bybelstudies—Deel 1.” ’n Toespraak wat deur die diensopsiener behartig moet word. Laat die gehoor kommentaar lewer oor bladsye 572-4 in die Verkondigers-boek, wat toon hoe die Bybelstudiewerk in hedendaagse tye ontwikkel het. Wek geesdrif op vir die komende reeks artikels. Van die onderwerpe wat bespreek sal word, is hoe om voor te berei om die studie te hou, hoe om die student te help om voor te berei, hoeveel materiaal gedek moet word, hoe om tekste doeltreffend te gebruik, hoe om die student se vrae te beantwoord, hoe om te begin bid en hoe om die student na die organisasie te rig. Spoor almal aan om die wenke toe te pas en hierdie artikels te hou sodat hulle in die toekoms daarna kan verwys.

Lied 10 en slotgebed.

Week wat begin met 26 Julie

Lied 216

12 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Herinner verkondigers om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 4 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Augustus en die Ontwaak! van 8 Augustus aangebied kan word. Toon in elke demonstrasie ’n ander manier om die gesprekdemper “Waarom besoek julle ons so dikwels?” te oorkom.—Sien Redenering-boek, bladsy 20.

8 min: Vraebus. Moet deur ’n ouer man behartig word. Lees en bespreek die hele artikel.

25 min: “Hoe om in sakegebied te getuig.”b Meld plaaslike reëlings om in sakegebied te werk. Demonstreer kortliks die twee aanbiedings in paragrawe 4-5 of ’n ander benadering wat in julle gebied doeltreffend is. Nooi gehoor om na gelang van die tyd aanmoedigende ondervindinge te vertel wat hulle gehad het terwyl hulle in sakegebied gewerk het.

Lied 173 en slotgebed.

Week wat begin met 2 Augustus

Lied 60

8 min: Plaaslike aankondigings.

22 min: Gee jy redes? Toespraak en bespreking gebaseer op die Bedieningskool-boek, bladsy 254, paragrawe 1-2. Wanneer ons tekste in die veldbediening en van die verhoog af verduidelik en toepas, sal ons onderrigting doeltreffender wees as ons redes gee vir wat ons sê en nie net stellings maak nie. Gebruik voorbeelde uit die Redenering-boek of ander wat vir die plaaslike gebied gepas is en toon hoe om (1) sleutelwoorde in ’n teks uit te sonder en te verduidelik, (2) stawende bewyse voor te lê uit die konteks of met behulp van ’n ander teks wat oor die onderwerp handel, (3) ’n illustrasie te gebruik om die redelikheid toe te lig van wat jy gesê het en (4) vrae te gebruik om die luisteraars te help om oor die saak te redeneer. Vestig die aandag op die voordele daarvan om redes te gee.

15 min: Plaaslike ondervindinge. Nooi gehoor om opbouende ondervindinge te vertel oor die hulppionierdiens of ander geestelike bedrywighede waaraan hulle onlangs deelgeneem het.

Lied 32 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel