Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/05 bl. 2-7
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 10 Januarie
  • Week wat begin met 17 Januarie
  • Week wat begin met 24 Januarie
  • Week wat begin met 31 Januarie
  • Week wat begin met 7 Februarie
Ons Koninkryksbediening—2005
km 1/05 bl. 2-7

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 10 Januarie

Lied 223

10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor almal aan om na die video No Blood—Medicine Meets the Challenge te kyk ter voorbereiding vir die bespreking volgende week. Gebruik die wenke op bladsy 8 om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Januarie en die Ontwaak! van 22 Januarie aangebied kan word.

15 min: ‘Gevoed met die woorde van die geloof.’a Lees en bespreek die teksverwysings na gelang van die tyd.

20 min: “Probeer ’n aanpasbare benadering.” Gehoorbespreking van bladsy 6 van die byvoegsel. Demonstreer twee voorbeelde van hoe hierdie benadering gebruik kan word om die lektuuraanbod vir die maand aan te bied.

Lied 143 en slotgebed.

Week wat begin met 17 Januarie

Lied 34

5 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Jongmense—Maak julle geestelik vooruitgang? ’n Toespraak deur ’n ouer man gebaseer op Die Wagtoring van 1 April 2003, bladsye 8-10. Meld ’n paar realistiese, bereikbare doelwitte en spoor jongmense aan om spesifieke geestelike doelwitte te stel.

25 min: “Vind baat by die video No Blood—Medicine Meets the Challenge.” ’n Gehoorbespreking van die No Blood-video met behulp van die vrae op bladsy 2. Lees daarna die laaste paragraaf. Spoor almal aan om volgende week teenwoordig te wees vir die bespreking van ’n nuwe voorsiening om ons te help om ons van bloed te onthou.

Lied 78 en slotgebed.

Week wat begin met 24 Januarie

Lied 163

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

10 min: Plaaslike behoeftes.

25 min: Gehoorsaam God se bevel om jou van bloed te onthou. Toespraak deur ’n ouer man wat die manuskrip gebruik wat die takkantoor voorsien het. Sê aan die begin dat DPA-kaarte nie vanaand ingevul moet word nie. Terwyl die spreker die manuskrip lees, kan hy kortliks kommentaar lewer om sleutelgedagtes te beklemtoon, maar hy moenie bykomende voorbeelde of tekste by die materiaal insluit nie. Teksverwysings kan gelees of aangehaal word na gelang van die tyd. Vestig op gepaste plekke die aandag op wat gesê word in die venster “Nuwe voorsiening om ons te help om ons van bloed te onthou”. Die sekretaris moet vir al die gedoopte verkondigers ’n DPA-kaart en die “Instruksies om die DPA-kaart in te vul” gee sodat hulle tydens die deel daarin kan volg. Die sekretaris moet ook seker maak dat genoeg Identity Cards beskikbaar is.

Lied 200 en slotgebed.

Week wat begin met 31 Januarie

Lied 157

5 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Januarie in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 8 en demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Februarie of die Ontwaak! van 8 Februarie aangebied kan word.

25 min: “Hoe om voorgestelde aanbiedings te gebruik.”b Gebruik die vrae wat voorsien word. Meld dat daar op bladsye 3-5 van vandeesmaand se byvoegsel aanbiedings is vir publikasies wat ons later sal gebruik. Bêre die byvoegsel vir gebruik gedurende die jaar. Ná die bespreking van die artikel moet jy bespreek hoe ons gedurende Februarie Kom nader aan Jehovah kan aanbied. Demonstreer twee aanbiedings. Die voorgestelde aanbiedings op bladsy 3 kan gebruik word of ander aanbiedings wat in julle gebied doeltreffend sal wees.

15 min: Ondersoek jy die Skrif elke dag? Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op die voorwoord van Ondersoek die Skrif elke dag—2005. Bespreek die belangrikheid daarvan dat almal elke dag ’n paar minute neem om die Bybelteks en kommentaar deur te gaan. Reël voor die tyd dat een of twee kommentaar lewer oor hulle roetine om die teks deur te gaan en hoe hulle daarby baat vind. Sluit af met ’n kort bespreking van die jaarteks vir 2005.

Lied 184 en slotgebed.

Week wat begin met 7 Februarie

Lied 97

10 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Help nuwelinge om te leer om God en hulle naaste lief te hê. ’n Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 Julie 2004, bladsy 16, paragrawe 7-9. Vestig die aandag op hoe elke lid van die gemeente ’n rol daarin speel om nuwelinge te help om dissipels van Christus te word.

20 min: “Hou progressiewe Bybelstudies—Deel 5.”c Sluit ’n demonstrasie in van ’n ervare onderrigter wat met ’n nuwer verkondiger bespreek hoe om die gevare te vermy wat in paragrawe 4-5 genoem word.

Lied 104 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel