Vind baat by die video No Blood—Medicine Meets the Challenge
Hoeveel weet jy van die keuses wat op die gebied van bloedlose geneeskunde beskikbaar is? Weet jy wat soms in die plek van ’n oortapping aangebied word en hoe dit werk? Kyk na hierdie video, en toets jou kennis deur middel van die volgende vrae.—Let wel: Die video bevat kort operasietonele, en daarom moet ouers onderskeidingsvermoë aan die dag lê wanneer hulle besluit of hulle jong kinders daarna kan kyk.
(1) Wat is die hoofrede waarom Jehovah se Getuies bloedoortappings weier, en waar word hierdie beginsel in die Bybel gevind? (2) Wat verlang ons wanneer dit by mediese sorg kom? (3) Watter basiese reg het pasiënte? (4) Waarom is dit redelik en verantwoordelik om bloedoortappings te weier? (5) Wat is vir dokters die twee dringendste sake in die geval van ernstige bloedverlies? (6) Watter gesondheidsgevare word met bloedoortappings verbind? (7) Wat is van die hulpmiddels wat vir chirurge beskikbaar is om bloedverlies tydens ’n operasie tot die minimum te beperk? (8) Wat moet jy probeer uitvind omtrent enigiets wat in die plek van ’n oortapping aangebied word? (9) Kan ernstige en ingewikkelde operasies sonder die gebruik van bloedoortappings gedoen word? (10) Wat is al hoe meer geneeshere bereid om vir Jehovah se Getuies te doen, en wat kan uiteindelik die standaardversorging vir alle pasiënte word?
Die aanvaarding van enige behandeling wat in die video gesien word, is ’n persoonlike besluit wat in ooreenstemming met ’n mens se gewete geneem moet word.—Sien Die Wagtoring van 15 Junie 2004, bl. 22-4, 29-31, en Die Wagtoring van 15 Oktober 2000, bl. 30-1.