Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 10 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Julie en die Ontwaak! van Julie aangebied kan word. Demonstreer in een van die aanbiedings hoe die potensiële gesprekdemper “Ons is almal reeds Christene” oorkom kan word.—Sien Redenering-boek, bl. 19.
15 min: Bespreek planne vir ontoegekende gebied. Moet deur die diensopsiener behartig word. Hersien die brief van 15 Mei 2006 oor ontoegekende gebied, asook die lektuuraanbod, datums, gebied waarin gewerk gaan word, huisvesting en vervoerreëlings. Kan party hulppionierdiens doen? Gemeentes wat nie na die ontoegekende gebied gaan nie, moet planne bespreek om in gebied te werk wat selde gedek word.
20 min: “Bou waardering op vir Jehovah se weergalose eienskappe.”a Sluit ’n demonstrasie in wat toon hoe ons vrae kan gebruik om ’n Bybelstudent te help om te peins oor die punte in die hersieningsvenster aan die einde van hoofstuk 1 in die Leer Bybel-boek.
Lied 88 en slotgebed.
Week wat begin met 17 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek kortliks Die Wagtoring van 15 Augustus 2000, bladsy 32. Beklemtoon die voordele wat dit inhou om ’n gereelde program van daaglikse Bybellees te hê, selfs wanneer ons met vakansie is en op ander tye wanneer ons nie in ons normale roetine is nie.
15 min: Liefde en nederigheid—noodsaaklike eienskappe vir die bediening. Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Augustus 2002, bladsye 18-20, paragrawe 13-20.
20 min: “Volg ons ‘gelukkige God’, Jehovah, na.”b Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor dinge wat hulle help om ’n vreugdevolle, positiewe gesindheid te behou wanneer hulle in die plaaslike gebied getuig.
Lied 189 en slotgebed.
Week wat begin met 24 Julie
15 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Augustus en die Ontwaak! van Augustus aangebied kan word. Herhaal ná elke demonstrasie die openingswoorde wat die huisbewoner se belangstelling gewek het.
10 min: “Hulle het ’n voorbeeld van getrouheid gestel.” Toespraak wat ’n paar ondervindinge uit ons publikasies van spesiale pioniers insluit, of onderhoude met enige plaaslike spesiale pioniers wat moontlik saam met die gemeente dien.—Sien die Watch Tower Publications Index onder “Special Pioneers”.
20 min: Wees standvastig, onbeweeglik (1 Kor. 15:58). Voer onderhoude met twee of drie verkondigers of pioniers wat al jare lank getrou dien. Hoe het hulle die waarheid leer ken? Hoe is die predikingswerk gedoen toe hulle daaraan begin deelneem het? Voor watter uitdagings het hulle te staan gekom? Watter seëninge het hulle ondervind omdat hulle standvastig vir ware aanbidding gebly het?
Lied 12 en slotgebed.
Week wat begin met 31 Julie
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Julie in te gee. Gemeentelike Boekstudieopsieners en sekretarisse moet ook seker maak dat enige laat rapporte vir vorige maande ingesamel word en saam met die gemeenterapport vir Julie gestuur word. Meld die lektuuraanbod vir Augustus.
15 min: Hoe die gemeente georganiseer en bestuur word. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op hoofstuk 4 van Georganiseer om Jehovah se wil te doen.
20 min: “Kweek goeie gewoontes aan en ontvang ryk seëninge.”c Nooi gehoor om kommentaar te lewer oor wat hulle gedoen het om in ’n goeie geestelike roetine te kom en te bly, asook watter seëninge hulle as gevolg daarvan ontvang het.
Lied 130 en slotgebed.
Week wat begin met 7 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien kortliks hoe die voorgestelde aanbiedings in Ons Koninkryksbediening aangepas kan word volgens die behoeftes van die plaaslike gebied.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005, bl. 8.
15 min: Vergaderinge wat tot liefde en goeie werke aanspoor. Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Maart 2002, bladsye 24-5. Sluit ’n kort onderhoud in wat die aandag vestig op die moeite wat ’n verkondiger doen om vergaderinge gereeld by te woon en hoe hy of sy daarby baat gevind het.
20 min: Wees progressief en aanpasbaar in die bediening. Toespraak en gehoorbespreking gebaseer op Die Wagtoring van 1 Desember 2005, bladsye 28-30. In ’n toespraak gebaseer op paragrawe 6-11 moet jy beklemtoon dat Paulus oplettend, aanpasbaar en vindingryk was in die predikings- en onderrigtingswerk. Nooi die gehoor dan om kommentaar te lewer oor die vrae op paragrawe 12-14 en pas die inligting plaaslik toe. Sluit ’n demonstrasie in wat toon hoe verkondigers hulle benadering in die bediening kan aanpas deur die behoeftes, omstandighede en kulturele agtergrond van die mense in die plaaslike gebied in ag te neem.
Lied 83 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.