Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal bespreek word by die Teokratiese Bedieningskool gedurende die week wat begin met 27 Augustus 2007. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 30 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 2 Julie tot 27 Augustus 2007.
SPRAAKHOEDANIGHEDE
1. Hoe kan ons in ons bediening en in die gemeente respek aan ander betoon? [be-AF bl. 192 par. 2-4]
2. Wat is noodsaaklik as ons met oortuiging wil praat? [be-AF bl. 196 par. 1-3]
3. Wat is van die wenke wat ons sal help om taktvol te wees wanneer ons vir ander getuig? [be-AF bl. 198 par. 1–bl. 199 par. 1]
4. Hoe help takt ons om te bepaal wat die regte tyd is om iets te sê wanneer ons vir ander getuig? (Spr. 25:11). [be-AF bl. 199 par. 2-4]
5. Hoe kan ons die toon van ons toesprake positief hou? [be-AF bl. 203 par. 3–bl. 204 par. 1]
TOESPRAAK NR. 1
6. Wat kan oor Esegiël se skrywerskap gesê word, asook oor die kanonisiteit en egtheid van die boek Esegiël? [si-AF bl. 133 par. 3]
7. Watter eienskap is noodsaaklik vir iemand om onregverdigheid te verduur? [w05-AF 6/1 bl. 29 par. 4]
8. Wat leer ons uit Jesus se antwoord aan die Sadduseërs wat hom gevra het oor die opstanding? (Luk. 20:37, 38). [be-AF bl. 66 par. 4]
9. Hoe moet jy antwoord wanneer ’n Bybelstudent of ’n medegelowige jou vra wat hy in ’n sekere situasie moet doen? [be-AF bl. 69 par. 4-5]
10. Wat behels dit om ‘vernuwe te word in die krag wat ons verstand aandryf’? (Ef. 4:23). [be-AF bl. 74 par. 4]
WEEKLIKSE BYBELLEESGEDEELTE
11. Wie stel die man in linne in Esegiël 9:2-4 voor, en wat dui die “merk . . . op die voorkoppe” aan? [w88-AF 9/15 bl. 14 par. 18]
12. Hoe is die godsdiensleiers van die Christendom soos die “dwase profete, wat agter hulle eie gees aan [gewandel het]”, wat in Esegiël 13:3 beskryf word? [w99-AF 10/1 bl. 13]
13. Wat het die Israeliete probeer doen toe hulle die “spreekwoord” in Esegiël 18:2 gebruik het, en watter belangrike les oor aanspreeklikheid word beklemtoon? [w88-AF 9/15 bl. 18 par. 10]
14. In watter sin het Esegiël “stom” geword tydens Jerusalem se beleëring en vernietiging? (Eseg. 24:27; 33:22). [w03-AF 12/1 bl. 29]
15. Wie is “Gog van die land Magog”, en wanneer tree hy op om Jehovah se volk te vernietig? (Eseg. 38:2, 16). [w97-AF 3/1 bl. 14 par. 1–bl. 15 par. 3]