Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/07 bl. 4-5
  • ’n Prysenswaardige doelwit vir die nuwe diensjaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Prysenswaardige doelwit vir die nuwe diensjaar
  • Ons Koninkryksbediening—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Hulppionierdiens—Het jy dit al probeer?
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Maak die voortreflikhede van Jehovah alom bekend
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Kan jy hulppionierdiens doen?
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2007
km 8/07 bl. 4-5

’n Prysenswaardige doelwit vir die nuwe diensjaar

1. Watter doelwit kan ons vir die nuwe diensjaar oorweeg?

1 Ons moet doelwitte stel as ons geestelike vooruitgang wil maak. Watter persoonlike doelwitte het jy vir die nuwe diensjaar gestel? ’n Uitstekende doelwit is om een of meer maande hulppionierdiens te doen. Aangesien hierdie genotvolle bedrywigheid gewoonlik heelwat voorafbeplanning verg, is dit nou ’n goeie tyd om te begin vooruitdink. Waarom kan ons hulppionierdiens as ’n doelwit oorweeg?

2. Waarom kan ons gerus hulppionierdiens as ’n doelwit oorweeg?

2 Redes om hulppionierdiens te doen: Hulppionierdiens stel ons in staat om ons hemelse Vader “in voller mate” te behaag deur meer tyd in die bediening deur te bring (1 Tess. 4:1). Wanneer ons dink aan alles wat Jehovah al vir ons gedoen het, beweeg ons hart ons om ander van hom te vertel (Ps. 34:1, 2). Jehovah sien en waardeer die persoonlike opofferings wat ons maak sodat ons meer in die bediening kan doen (Heb. 6:10). Die wete dat ons Jehovah deur ons harde werk behaag, verskaf ons groot vreugde.—1 Kron. 29:9.

3, 4. Hoe vind ons baat by hulppionierdiens?

3 Hoe meer ’n mens iets doen, hoe makliker en aangenamer word dit gewoonlik. Wanneer jy meer tyd in die bediening deurbring, sal dit vir jou makliker wees om by die deur te praat. Jy sal vaardiger daarin word om gesprekke te begin en die Bybel te gebruik. Hoe meer jy oor jou geloof praat, hoe sterker sal dit word. Baie wat nie ’n Bybelstudie gehou het nie, kon een begin terwyl hulle hulppionierdiens gedoen het.

4 Hulppionierdiens is dalk ook net wat nodig is om uit ’n geestelike groef te kom. ’n Voormalige gewone pionier wat gemeen het dat hy te veel klem op sekulêre werk lê, het besluit om ’n maand lank as ’n hulppionier te dien. Hy het gesê: “Ek kon nie glo hoeveel geestelike krag daardie een maand my gegee het nie! Ek het reëlings getref om elke maand as ’n hulppionier te dien, wat daartoe gelei het dat ek weer ’n gewone pionier geword het.”

5. Wat kan ons help om gevoelens van onbekwaamheid te bowe te kom?

5 Oorkom struikelblokke: Party huiwer dalk om aansoek te doen omdat hulle meen dat hulle nie bekwaam genoeg is as verkondigers nie. As dit jou terughou, kan Jehovah jou help soos hy Jeremia gehelp het (Jer. 1:6-10). Hoewel Moses “swaar van mond en swaar van tong” was, het Jehovah hom gebruik om Sy wil uit te voer (Eks. 4:10-12). As jy onbekwaam voel, kan jy Jehovah vra om jou moed te gee.

6. Hoe kan jy moontlik as ’n hulppionier dien ten spyte van gesondheidsprobleme of ’n besige rooster?

6 Huiwer jy om aansoek te doen weens gesondheidsprobleme of ’n besige rooster? As jy fisies swak is, sal jy dalk hulppionierdiens kan doen as jy teen ’n gemaklike pas werk. As jy ’n besige rooster het, sal jy moontlik vind dat jy van die minder belangrike bedrywighede na ’n ander maand kan verskuif. Party met ’n voltydse werk kon al tyd uitkoop om hulppionierdiens te doen deur een of twee dae verlof te neem.—Kol. 4:5.

7. Waarom is dit voordelig om hulppionierdiens ’n saak van gebed te maak?

7 Hoe om dit te doen: Maak jou begeerte ’n saak van gebed. Vra Jehovah om jou pogings te seën om jou bediening uit te brei (Rom. 12:11, 12). Hy kan jou help om wyse besluite te neem oor hoe om jou rooster aan te pas (Jak. 1:5). As jy nie die begeerte het om as ’n hulppionier te dien nie, kan jy Jehovah vra om jou te help om vreugde uit die predikingswerk te put.—Luk. 10:1, 17.

8. Hoe kan die toepassing van Spreuke 15:22 jou in staat stel om hulppionierdiens te doen?

8 Bespreek die doelwit van hulppionierdiens as ’n gesin (Spr. 15:22). Dalk kan een gesinslid as ’n hulppionier dien met die ondersteuning van ander in die huisgesin. Praat met ander in die gemeente oor jou begeerte om te pionier, veral met dié wat soortgelyke omstandighede het. Dit kan meer geesdrif wek om hulppionierdiens te doen.

9. Watter maande kan jy kies om hulppionierdiens te doen?

9 Terwyl jy na jou teokratiese kalender vir die nuwe diensjaar kyk, kan jy gerus dink aan wanneer jy dalk hulppionierdiens sal kan doen. As jy voltyds werk of skoolgaan, sal jy moontlik na maande wil kyk wat ’n vakansiedag of vyf Saterdae of vyf Sondae het. Byvoorbeeld, September, Desember, Maart en Augustus het vyf volle naweke. Mei het vyf Saterdae en Junie het vyf Sondae. As jy gesondheidsprobleme het, kan jy dink aan maande wanneer ons gewoonlik mooi weer het. Jy kan ook oorweeg om te pionier gedurende die maand wat die kringopsiener julle gemeente sal bedien. Gedurende sy besoek sal jy die bykomende voorreg geniet om die eerste helfte van die vergadering by te woon wat met die gewone pioniers gehou word. Aangesien die Gedenkmaal volgende jaar op 22 Maart val, is Maart, April en Mei uitstekende keuses. Sodra jy die maand of maande gekies het waarin jy hulppionierdiens wil doen, kan jy ’n rooster begin opstel wat jou in staat sal stel om die vereiste aantal ure te bereik.

10. Wat kan jy doen as dit nie moontlik is om hulppionierdiens te doen nie?

10 Al meen jy dat jy nie gedurende hierdie komende diensjaar hulppionierdiens sal kan doen nie, kan jy nog steeds die pioniergees aan die dag lê. Hou aan om alles in jou vermoë in die bediening te doen, met die versekering dat Jehovah bly is oor jou heelhartige inspanning om hom jou beste te gee (Gal. 6:4). Ondersteun diegene wat wel hulppionierdiens kan doen en moedig hulle aan. Dalk kan jy jou rooster aanpas om nog ’n dag per week in die bediening deur te bring saam met dié wat pionier.

11. Waarom moet ons ’n gevoel van dringendheid hê?

11 Jehovah se volk het ’n gevoel van dringendheid. Hulle het ’n werk om te doen—die verkondiging van die goeie nuus. Lewens is op die spel, en die oorblywende tyd is kort (1 Kor. 7:29-31). Liefde vir God en ons naaste sal ons beweeg om alles in ons vermoë in die bediening te doen. Met inspanning en goeie beplanning sal ons moontlik ten minste een maand gedurende die nuwe diensjaar hulppionierdiens kan doen—inderdaad ’n prysenswaardige doelwit!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel