Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 8 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Vra die gehoor watter artikels in die jongste tydskrifte die grootste byval gevind het in die plaaslike gebied. Vra hulle watter vrae en tekste hulle gebruik het om die artikels aan te bied. Demonstreer hoe elke tydskrif aangebied kan word.
15 min: Help Bybelstudente om onderrigters te word. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Januarie 2007, bladsye 29-30, paragrawe 14-20. Sluit ’n kort demonstrasie in waarin ’n verkondiger die openbare toespraak en Wagtoring-studie vir ’n nuwe Bybelstudent beskryf en hom nooi om dit by te woon.
20 min: Hoe om vooroordeel in ons bediening die hoof te bied. Toespraak deur ’n ouer man, wat gebaseer is op inligting in die publikasies oor die uitwerking wat vooroordeel op ons bediening kan hê. Verduidelik hoe sulke vooroordeel uit die weg geruim kan word. Soms kan ons eie gedrag, wanneer ons met die veldbediening sowel as ander bedrywighede besig is, grootliks help om die vooroordeel van waarnemers af te breek en hulle meer ontvanklik vir die waarheid te maak. Dit is dus noodsaaklik dat ons te alle tye op ons spraak en gedrag let (1 Pet. 2:12; 3:1, 2). Vertel ’n paar plaaslike of gepubliseerde ondervindinge wat toelig hoe vooroordeel uit die weg geruim kan word.
Week wat begin met 15 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
20 min: Hoe het ons verlede jaar gevaar? Toespraak en gehoorbespreking deur die diensopsiener of ’n ander bekwame ouer man. Hersien die gemeente se bedrywighede in die bediening oor die afgelope diensjaar, en vestig die aandag op die goeie dinge wat bereik is. Prys die broers waar dit gepas is. Reël vooraf dat een of twee verkondigers ’n uitsonderlike ondervinding vertel wat hulle gehad het. Meld een of twee punte waarop die gemeente gedurende die komende jaar kan werk, en bespreek praktiese wenke vir verbetering.
15 min: Hoe kan ek my geloof in die skepping verdedig? Toespraak wat gebaseer is op inligting in die publikasies. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle hulle geloof in die skepping by die skool, die werk of elders verdedig het. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.
Week wat begin met 22 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkennings van bydraes. Bespreek die brief van die takkantoor, wat op bladsy 1 verskyn.
20 min: Daar is ’n beloning vir jou werk. Toespraak wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 April 2005, vanaf bladsy 28, paragraaf 5, tot aan die einde van bladsy 29. Sluit ’n kort onderhoud in met een of twee ywerige verkondigers oor hoe Jehovah hulle die nodige materiële en emosionele ondersteuning gegee het.
15 min: Berei voor om Die Wagtoring van 1 Oktober en die Ontwaak! van Oktober aan te bied. Gee ’n kort oorsig van die tydskrifte en vra die gehoor watter artikels moontlik die grootste byval sal vind in die plaaslike gebied. Watter vrae en tekste kan gebruik word om die artikels aan te bied? Demonstreer hoe ’n voorgestelde aanbieding uit Ons Koninkryksbediening gebruik kan word. Laat een van die ouer manne ’n demonstrasie doen van ’n kort aanbieding wat gebaseer is op ’n artikel wat by die plaaslike gebied pas.
Week wat begin met 29 September
10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek reëlings vir die ontoegekende gebied vir Oktober. Dit is die laaste maand van die ontoegekendegebied-kampanje. Spoor almal aan om ’n volle aandeel daaraan te hê. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir September in te gee. Reël vooraf dat een of twee verkondigers opbouende ondervindinge vertel in verband met informele getuieniswerk gedurende ’n vakansie, by die werk of by ander geleenthede.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Spesiale traktaatkampanje vanaf 20 Oktober–16 November!”a As die traktate beskikbaar is, kan daar vir elkeen in die gehoor een gegee word. Hersien kortliks die inhoud van die traktaat wanneer paragraaf 2 bespreek word. Demonstreer hoe die traktaat aangebied kan word wanneer paragraaf 4 bespreek word. Wanneer paragraaf 5 bespreek word, moet ’n demonstrasie gehou word wat toon hoe ’n verkondiger die traktaat gebruik om ’n Bybelstudie tydens ’n herbesoek te begin.
Week wat begin met 6 Oktober
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Vraebus. Gehoorbespreking. Sluit gedagtes in uit Die Wagtoring van 15 Junie 2005, bladsye 20-22, paragrawe 10-16.
20 min: “Leer ander om Jehovah lief te hê.”b Nooi die gehoor om, na gelang van die tyd, kommentaar te lewer oor die teksverwysings.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.