Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/09 bl. 3
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2009
Ons Koninkryksbediening—2009
km 2/09 bl. 3

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal die week wat begin met 23 Februarie 2009 by die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op die materiaal wat gedek is in die toewysings vir die weke vanaf 5 Januarie tot 23 Februarie 2009.

1. Hoe kon God op die eerste dag lig voortbring as die ligte eers op die vierde dag gemaak is? (Gen. 1:3, 16). [w04-AF 1/1 bl. 28 par. 5]

2. Waarop dui die feit dat Jehovah nie vir Noag gesê het dat hy die aarde moet onderwerp soos hy vir die volmaakte Adam gesê het nie? (Gen. 9:1). [it-2 bl. 1095 par. 6]

3. Op watter datum het die Abrahamitiese verbond in werking getree, en hoe lank sal dit van krag wees? (Gen. 12:1-4). [w04-AF 1/15 bl. 26 par. 4; w01-AF 8/15 bl. 17 par. 13]

4. Wat bewys dat Nimrod en diegene wat sy leiding gevolg het, nie daarin geslaag het om ‘vir hulle ’n roemryke naam’ te maak nie? (Gen. 11:4). [w98-AF 3/15 bl. 25]

5. Waarom het Lot moontlik sy dogters vir die verdorwe oproerige skare aangebied, as hy volgens 2 Petrus 2:7 ’n “regverdige” man was? (Gen. 19:8). [w05-AF 2/1 bl. 26 par. 15-16; w04-AF 1/15 bl. 27 par. 3]

6. Hoe kon Abraham Hagar en Ismael in die wildernis instuur, as godvresende manne vir hulle eie mense moet sorg? (Gen. 21:10-21; 1 Tim. 5:8). [w88-AF 2/15 bl. 31]

7. Watter les kan ons leer uit die moeite wat Eliëser gedoen het om dinge op Jehovah se manier te doen toe hy op soek was na ’n vrou vir Isak? (Gen. 24:14, 15, 17-19, 26, 27). [w97-AF 1/1 bl. 31 par. 2]

8. Wat was die betekenis van Jakob se droom waarin hy engele gesien het wat ‘met ’n leer op- en afklim’? (Gen. 28:10-13). [w03-AF 10/15 bl. 29 par. 1; it-2 bl. 189]

9. Waarom wou Ragel die liefdesappels van Lea se seun so graag hê? (Gen. 30:14, 15). [w04-AF 1/15 bl. 28 par. 7]

10. Hoe het Jakob ’n goeie voorbeeld daarin gestel om persoonlike geskille op te los? (Gen. 33:3, 4). [g82-AF 6/22 bl. 19 par. 8-10 (g82 2/22 bl. 19 par. 8-10)]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel