Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/09 bl. 4
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
  • Ons Koninkryksbediening—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2009
km 2/09 bl. 4

Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Die Wagtoring 1 Februarie

“Dink jy dat God na alle gebede luister? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk wat Jesus hieroor gesê het. [Lees Matteus 6:7.] Hierdie interessante artikel gee die Bybel se antwoord op vier vrae wat dikwels oor gebed gevra word.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 16 begin.

Ontwaak! Februarie

“Baie mense glo dat ons lot in die lewe reeds bepaal is. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Volgens hierdie vers het ons ’n keuse. [Lees Deuteronomium 30:19.] Hierdie artikel bespreek wat die Bybel oor voorbestemming sê.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 12 begin.

Die Wagtoring 1 Maart

“Dink jy dat alles wat in die lewe gebeur, vooraf bepaal is? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat die Bybel hieroor sê. [Lees Prediker 9:11.] Hierdie tydskrif verduidelik dat God ’n wonderlike toekoms vir die aarde voorbestem het, maar dat hy elkeen van ons toelaat om ons eie lewensweg te kies.”

Ontwaak! Maart

“Baie mense wat vandag leef, is bekommerd oor geld, veral gedurende hierdie moeilike ekonomiese tye. Stem jy saam? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk na hierdie gebalanseerde raad. [Lees 1 Timoteus 6:8, 10.] Hierdie tydskrif bespreek ’n paar Bybelbeginsels om ons te help om op so ’n manier met ons geld te werk dat ons gemoedsrus sal hê.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel