Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/11 bl. 1
  • ‘Laat julle lig skyn’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Laat julle lig skyn’
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • “Laat julle lig . . . skyn”
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Laat jou lig voortdurend skyn
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • ‘Laat julle lig skyn’ sodat Jehovah verheerlik kan word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Volg die lig van die wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 5/11 bl. 1

‘Laat julle lig skyn’

1. Wat is ons bevoorreg om te versprei?

1 Van sonop tot sononder strek die prag van sigbare lig tot lof van Jehovah God. Maar dit is ’n ander soort lig wat Jesus sy dissipels genooi het om te besit—“die lig van die lewe” (Joh. 8:12). Om hierdie geestelike lig te besit, is ’n spesiale voorreg wat ook ernstige verantwoordelikhede meebring. Jesus het die opdrag gegee: “Laat julle lig . . . voor die mense skyn”, sodat ander daarby kan baat vind (Matt. 5:16). Hierdie lig moet in vandag se diep geestelike duisternis versprei word, en dit was nog nooit nodiger as nou nie! Hoe kan ons, soos Christus, ons lig laat skyn?

2. Hoe het Jesus getoon dat dit belangrik is om geestelike lig te versprei?

2 Deur te preek: Jesus het sy tyd, energie en middele gebruik om die lig van waarheid aan mense bekend te maak in hulle huise, op openbare pleine, op die bergtoppe—waar hulle ook al gevind kon word. Hy het besef dat die voorsiening van ware geestelike lig van blywende waarde is (Joh. 12:46). Om nog meer mense te bereik, het Jesus sy dissipels voorberei om “die lig van die wêreld” te wees (Matt. 5:14). Hulle het hulle lig laat skyn deur aan hulle naaste goed te doen en deur geestelike waarhede te verkondig.

3. Hoe kan ons opregte waardering toon vir die lig van waarheid?

3 God se volk neem die verantwoordelikheid om “voort [te gaan] om as kinders van die lig te wandel”, ernstig op en preek waar mense ook al gevind kan word (Ef. 5:8). As ons eenvoudig die Bybel of ander Christelike publikasies tydens ’n pouse by die werk of skool lees waar ander ons kan sien, kan dit die weg vir ’n Bybelbespreking baan. ’n Jong suster het op dié manier ’n Bybelstudie begin en by 12 van haar klasmaats boeke gelaat!

4. Waarom speel voorbeeldige gedrag ook ’n rol daarin om ‘ons lig te laat skyn’?

4 Deur goeie werke: Om ons lig te laat skyn, sluit ons daaglikse gedrag in (Ef. 5:9). Christelike gedrag word by die werk, by die skool en op ander openbare plekke opgemerk en skep geleenthede om oor Bybelwaarhede te praat (1 Pet. 2:12). Die goeie gedrag van ’n vyfjarige seuntjie het byvoorbeeld sy onderwyseres beweeg om sy ouers te bel. Sy het gesê: “Ek het nog nooit ’n kind met so ’n sterk sedelikheidsgevoel gesien nie!” Ja, ons bediening en goeie gedrag trek mense aan tot “die lig van die lewe” en strek tot lof van ons God.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel