Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/11 bl. 2
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Waardeer jy ons lektuur?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Gebruik Bybellektuur wyslik
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
  • Gebruik ons Bybellektuur wyslik
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Verspreiding van lektuur in veeltalige gebied
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 12/11 bl. 2

Vraebus

◼ Wat bepaal of ons lektuur by iemand sal laat?

Dit hang hoofsaaklik af van die persoon se belangstelling. As hy opregte belangstelling toon, kan ons twee tydskrifte, ’n brosjure, ’n boek of ander lektuur wat ons aanbied, by hom laat. Ons kan dit doen selfs wanneer ons kan sien dat hy min of geen geld het om as ’n bydrae vir die wêreldwye werk te gee nie (Job 34:19; Op. 22:17). Daarenteen sal ons nie ons kosbare lektuur laat by mense wat dit nie waardeer nie.—Matt. 7:6.

Wat toon dalk dat ’n huisbewoner belangstel? As die persoon bereid is om met ons te praat, is dit ’n goeie teken. As hy aandagtig luister terwyl ons praat, op vrae reageer en ’n mening uitspreek, dui dit aan dat hy belangstel in die bespreking. Wanneer hy in die Bybel volg terwyl ons daaruit lees, toon dit dat hy respek vir God se Woord het. Dikwels is dit nuttig om te vra of hy die lektuur wat aangebied word, sal lees. Verkondigers moet goeie oordeel aan die dag lê om vas te stel of die persoon belangstel. Wanneer ons straatwerk doen, sal dit byvoorbeeld nie gepas wees om tydskrifte, brosjures of boeke onoordeelkundig uit te deel aan almal wat verby ons stap nie. As ons nie kan vasstel of ’n persoon belangstel nie, sal dit beter wees om vir hom ’n strooibiljet of traktaat te gee.

Net so moet die hoeveelheid lektuur wat ’n verkondiger by die lektuurtoonbank kry, ooreenstem met wat hy nodig het om sy bediening uit te voer, nie met sy vermoë om by te dra nie. Die doel van bydraes is nie om vir die lektuur te betaal nie, maar om alle aspekte van ons wêreldwye predikingswerk te ondersteun. Ongeag wat ons finansiële posisie is, waardering sal ons beweeg om Koninkryksbelange te ondersteun deur vrygewig te gee uit ons gebrek, nie uit ons oorvloed nie (Mark. 12:41-44; 2 Kor. 9:7). Dit sal ons ook aanspoor om slegs die lektuur te neem wat ons nodig het, sodat teokratiese hulpmiddele nie verspil word nie.

[Lokteks op bladsy 2]

Verkondigers moet goeie oordeel aan die dag lê om vas te stel of die persoon belangstel

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel