Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/12 bl. 2
  • Bewaak jou verstand

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bewaak jou verstand
  • Ons Koninkryksbediening—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Kringbyeenkoms wat ons sal help om ons geestelikheid te beskerm
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Bewaak jou gewete
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Kringbyeenkomste—Praktiese raad
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Nuwe Kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2012
km 8/12 bl. 2

Bewaak jou verstand

1. Wat is die tema van die kringbyeenkoms vir die 2013-diensjaar, en wat is die doel van die program?

1 Jesus het gesê dat sy dissipels Jehovah met hulle hele hart, siel en verstand moet liefhê (Matt. 22:37, 38). Vanjaar se streekbyeenkoms, kringbyeenkoms en spesiale byeenkomsdag is saamgestel om ons te help om die mens wat ons innerlik is, te versterk. Jy sal onthou dat die tema van ons streekbyeenkoms vir 2012 “Bewaak jou hart!” is. Die tema van die program vir die spesiale byeenkomsdag vir die 2013-diensjaar is “Bewaak jou gewete”. En die kringbyeenkomste wat volgende maand begin, sal die tema “Bewaak jou verstand” hê, gebaseer op Matteus 22:37. Hierdie program is saamgestel om elkeen van ons te help om ons gedagtes te ontleed sodat ons dit aangenamer kan maak vir Jehovah.

2. Op watter vrae se antwoorde moet ons gedurende die program let?

2 Wat aangebied sal word: Terwyl ons na die kringbyeenkoms luister, moet ons let op die antwoorde op die volgende vrae, wat die hoofgedagtes na vore bring:

• Hoe kan ons voorkom dat ons ‘die gedagtes van mense’ dink?

• Hoe kan ons help om die sluier te lig wat die verstande van ongelowiges verblind?

• Watter geestesgesindheid wil ons hê?

• Watter voordele hou gepaste bepeinsing in?

• Hoe kan ons Jehovah toelaat om ons denke te vorm?

• Hoe kan mans, vrouens, ouers en kinders tot gesinsgeluk bydra?

• Hoe kan ons gereed wees vir Jehovah se dag?

• Wat beteken dit om ons verstand vir bedrywigheid te versterk?

• Hoe word diegene wat toepas wat hulle leer, tot voordeel gestrek?

3. Waarom is dit belangrik dat ons albei dae bywoon, aandagtig luister en toepas wat ons leer?

3 Satan voer ’n stryd om ons verstand en wil dit verderf (2 Kor. 11:3). Daarom moet ons ons verstand beskerm en ons gedagtes beheers. Ons moet aanhou om die denke van Christus te weerspieël en stry teen die invloede van hierdie wettelose wêreld (1 Kor. 2:16). Tref dus reëlings om albei dae van die kringbyeenkoms by te woon. Luister aandagtig. As ons die lewensbelangrike inligting wat aangebied word, toepas, sal dit ons help om ons verstand vir ywerige Koninkryksdiens te versterk.—1 Pet. 1:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel