Rooster vir die week van 6 April
WEEK WAT BEGIN MET 6 APRIL
Lied 124 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 22 ¶18-22, venster op bl. 228 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Samuel 16-18 (8 min.)
Nr. 1: 1 Samuel 18:17-24 (3 min. of minder)
Nr. 2: Is God te blameer vir menselyding?—igw bl. 14 ¶1-4 (5 min.)
Nr. 3: Barak—Tema: Wees dapper en moenie heerlikheid van mense soek nie—it-1-E bl. 255, “Barak”; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
Tema vir die maand: ‘Wees gereed vir elke goeie werk.’—Titus 3:1.
10 min: Bied die tydskrifte gedurende April aan. Bespreking. Begin met ’n demonstrasie van hoe die tydskrifte aangebied kan word deur die voorgestelde aanbiedings te gebruik. Ontleed dan elke voorgestelde aanbieding van begin tot einde.
10 min: Hoe het ons gevaar? Bespreking. Nooi verkondigers om kommentaar te lewer oor hoe hulle daarby baat gevind het om punte in die artikel “Verbeter jou vaardighede in die bediening—Begin ’n tydskrifroete” toe te pas. Vra die gehoor om goeie ondervindinge te vertel.
10 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 106 en gebed