Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/15 bl. 2
  • Leer by meer ervare verkondigers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Leer by meer ervare verkondigers
  • Ons Koninkryksbediening—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan jy iemand saamnooi?
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Deel 3—Help ander om vooruitgang te maak
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Behou jou ywer vir die bediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Hoe om nuwelinge op te lei om te preek
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2015
km 6/15 bl. 2

Leer by meer ervare verkondigers

Ons het groot waardering vir ervare verkondigers in die gemeente. Party dien Jehovah al jare lank getrou. Ander het dalk eers onlangs goeie vaardighede in die bediening aangeleer. Hierdie verkondigers het gesien hoe Jesus die Christengemeente in hierdie laaste dae rig en hoe hy die predikings- en dissipelmaakwerk laat uitbrei (Matt. 28:19, 20). Omdat hulle aan die bediening deelneem, het hulle al “die krag wat bo die normale is”, ontvang om persoonlike probleme en beproewinge te verduur (2 Kor. 4:7). Ons kan baie leer by hierdie gesoute verkondigers. Wanneer hulle die geleentheid kry, geniet hulle dit om wat hulle geleer het, aan ander te leer (Ps. 71:18). Ons moet geleenthede skep om by hulle te leer. Hoe kan ons dit doen?

In die bediening. Nuwe of minder ervare verkondigers het opleiding nodig om doeltreffend in die bediening te wees. ’n Mens kan baie leer as jy saam met ervare verkondigers in die bediening werk. (Sien die artikel “Behou jou ywer vir die bediening” in Die Wagtoring van 15 Februarie 2015, derde paragraaf onder die onderhofie “Help nuwe verkondigers”.) Hoe het jy daarby baat gevind om saam met ervare verkondigers in die bediening te werk?

Kan jy ’n ervare verkondiger nooi om saam met jou in die bediening te werk? Gestel die verkondiger is sieklik. Kan jy nou en dan een van jou Bybelstudies by sy huis gaan hou? Vra die verkondiger ná die studie vir wenke en raad.

Bring tyd saam met hulle deur: Leer ken ervare verkondigers deur tyd saam met hulle deur te bring. Nooi een van hulle om julle gesinsaanbidding by te woon en vra hom ’n bietjie uit. As die verkondiger sieklik is, kan jy reël om julle gesinsaanbidding by sy huis te hou. Vra hom hoe hy in die waarheid gekom het. Watter seëninge het hy geniet? Watter groei het hy in julle gebied gesien? Watter vreugde het hy geniet in sy diens aan Jehovah?

Wees realisties en neem hierdie verkondigers se beperkings in ag. Net soos ons, het hulle verskillende gawes in die bediening (Rom. 12:6-8). Party is bejaard en daarom kan hulle dalk nie meer baie kuier nie. Nietemin kan ons baie by hulle leer omdat hulle Jehovah al jare lank getrou dien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel