Voorgestelde aanbiedings
Die Wagtoring 1 Julie
“Die lewe is vandag baie onseker. Dink jy dat hierdie woorde van Jesus ons kan help om bekommernisse die hoof te bied? [Lees Matteus 6:25 en wag vir ’n antwoord.] Hierdie Wagtoring bespreek hoe Bybelbeginsels ons kan help om bekommernisse oor geld, gesinsprobleme en persoonlike veiligheid te verminder.”
Ontwaak! Julie
“Het jy al agtergekom dat baie mense mismoedig voel weens hulle omstandighede in die lewe? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel toon dat ons gesindheid baie belangrik is wanneer ons voor uitdagings te staan kom. [Lees Spreuke 24:10.] Hierdie tydskrif gee praktiese wenke oor hoe om moeilike omstandighede te verduur en bevat ook voorbeelde van mense wat dit doen.”