Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb18 Oktober bl. 4
  • Liefde identifiseer ware Christene — Verwerp selfsug en ergerlikheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Liefde identifiseer ware Christene — Verwerp selfsug en ergerlikheid
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Soortgelyke materiaal
  • Ek is teleurgestel deur godsdiens
    Die Bybel verander lewens
  • Jy kan leer om vredeliewend te wees
    Ontwaak!—2012
  • Jy Kan jou humeur beteuel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Hoe om regte Christene te identifiseer
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
mwb18 Oktober bl. 4

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Liefde identifiseer ware Christene — Verwerp selfsug en ergerlikheid

HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Jesus het geleer dat sy dissipels deur liefde geïdentifiseer sou word (Joh 13:34, 35). As ons Christelike liefde het, sal ons ander se belange in ag neem en nie ergerlik raak nie. — 1Kor 13:5.

HOE OM DIT TE DOEN:

  • Wanneer iemand iets doen of sê wat jou seermaak, moet jy ’n oomblik neem en nadink oor die oorsaak van die probleem en ook wat die gevolge sal wees van wat jy beplan om daaromtrent te doen. — Spr 19:11

  • Onthou, ons is almal onvolmaak, en soms sê of doen ons dinge waaroor ons later spyt is

  • Los probleme so gou as moontlik op

KYK NA DIE VIDEO ‘JULLE MOET LIEFDE ONDER MEKAAR HÊ’ — VERWERP SELFSUG EN ERGERLIKHEID, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoe het Larry oorgereageer op Tom se voorstel?

  • Hoe het dit Tom gehelp om nie ergerlik te raak nie toe hy ’n oomblik geneem het om na te dink?

  • Hoe het Tom se sagte antwoord die spanning verminder?

Kevin, Larry en Tom

Hoe help dit die gemeente as ons kalm bly wanneer ander ons kwaad maak of irriteer?

BYBELSE VOORBEELD OM OOR TE PEINS: Dawid het nie terugbaklei toe Simeï ’n vloek op hom uitgespreek het nie. — 2Sa 16:5-13.

VRA JOU AF: ‘In watter situasies kan ek dalk groter selfbeheersing aan die dag lê?’

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel