Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp22 nr. 1 bl. 14-15
  • Wanneer haat vir ewig weggeneem sal word!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer haat vir ewig weggeneem sal word!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GOD SAL DIE OORSAKE VAN HAAT VERWYDER
  • DIE BYBEL BELOWE ’N WÊRELD SONDER HAAT
  • Hoekom is daar ’n siklus van haat?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Ons kan haat oorkom!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Inleiding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Sal haat ooit tot ’n einde kom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
wp22 nr. 1 bl. 14-15

Wanneer haat vir ewig weggeneem sal word!

Selfs al hou ons op om ander te haat, het ons nie beheer oor ander se gedrag en hulle gesindheid nie. Onskuldige mense is nog steeds slagoffers van haat. So wie kan vir ewig ’n einde aan haat maak?

Net Jehovah God kan die siklus van haat wat ons vandag sien, heeltemal breek. Dit is presies wat die Bybel belowe hy sal doen. – Spreuke 20:22.

GOD SAL DIE OORSAKE VAN HAAT VERWYDER

  1. 1. SATAN DIE DUIWEL. Satan, die opstandige engel, is verantwoordelik vir die haat wat ons vandag sien. God sal Satan en almal wat deur hom beïnvloed word om te haat, vernietig. – Psalm 37:38; Romeine 16:20.

  2. 2. SATAN SE WÊRELD VOL HAAT. God sal alle slegte dinge van hierdie wêreld verwyder, insluitende korrupte politieke en godsdiensleiers wat haat bevorder. God sal ook die besigheidswêreld wat gierig en korrup is en mense uitbuit, vernietig. – 2 Petrus 3:13.

  3. 3. MENSE SE ONVOLMAAKTHEID. Die Bybel verduidelik dat alle mense onvolmaaktheid oorgeërf het. En daarom is hulle geneig om verkeerde dinge te dink, voel en doen (Romeine 5:12). Een van hierdie sondige neigings is om haat te voel en om daaraan vas te hou. God sal mense help om sulke onvolmaakte neigings te oorkom sodat daar glad nie meer haat sal wees nie. – Jesaja 54:13.

DIE BYBEL BELOWE ’N WÊRELD SONDER HAAT

  1. 1. DAAR SAL NIE MEER ONGEREGTIGHEID WEES NIE. God se Koninkryk sal uit die hemel oor die aarde regeer, en dit sal ’n regverdige regering wees wat vir ewig sal regeer (Daniël 2:44). Diskriminasie en onverdraagsaamheid sal nie meer bestaan nie. God sal al die ongeregtigheid wat mense nou ondervind, wegneem. – Lukas 18:7.

  2. 2. ALMAL SAL IN VREDE LEWE. Niemand sal meer swaarkry as gevolg van geweld of oorlog nie (Psalm 46:9). Alle mense op die aarde sal lief wees vir vrede, en daarom sal dit ’n veilige plek wees om op te woon. – Psalm 72:7.

  3. 3. ALMAL SAL VIR EWIG ONDER VOLMAAKTE TOESTANDE LEWE. Almal sal opregte liefde vir mekaar hê (Matteus 22:39). Niemand sal meer ontsteld wees as gevolg van slegte gedagtes of herinneringe nie (Jesaja 65:17). Wanneer daar nie meer haat sal wees nie, sal mense “groot vreugde vind in die oorvloed van vrede”. – Psalm 37:11.

Sal jy graag in so ’n wêreld wil lewe? Selfs nou al leer baie mense hoe om ontslae te raak van haat deur Bybelwaarhede toe te pas (Psalm 37:8). Dit is wat Jehovah se Getuies regoor die wêreld doen. Hoewel hulle uit verskillende kulture en agtergronde kom, is hulle soos ’n familie wat verenig is en lief is vir mekaar. – Jesaja 2:2-4.

’n Lysie met die positiewe eienskappe liefde, vrede, geduld en selfbeheersing en die negatiewe eienskap haat.

Jehovah se Getuies sal graag vir jou wil wys wat hulle geleer het oor hoe om ongeregtigheid en diskriminasie te hanteer. Wat jy leer, kan jou help om nie meer gevoelens van haat te hê nie en om ander lief te hê. Jy kan leer om liefde te wys – selfs vir mense wat dalk ondankbaar is en wat ander haat. Wanneer jy dit doen, sal jy nou gelukkiger wees en jou verhoudings met ander sal net beter word. En jy sal uitvind wat jy kan doen om onder God se Koninkryk te lewe wanneer haat vir ewig weggeneem sal word. – Psalm 37:29.

Jy kan meer uitvind deur die Aanlyn Bybelstudielessea of die brosjure Geniet die lewe vir ewig! op jw.org te studeer.

a Beskikbaar in party tale.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel