Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp22 nr. 1 bl. 10-11
  • 3 | Kry haat uit jou gedagtes uit

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 3 | Kry haat uit jou gedagtes uit
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat die Bybel sê:
  • Wat dit beteken:
  • Wat jy kan doen:
  • ‘Stefanus het God se goedkeuring en krag gehad’
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • Stefanus word gestenig
    My boek met Bybelverhale
  • Hoe om die siklus van haat te breek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
  • Ons kan haat oorkom!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2022
wp22 nr. 1 bl. 10-11
’n Man stel hom voor hoe hy ’n man van ’n ander ras se hand skud. Maar hulle skaduwees wys hoe hulle aan protesbetogings deelneem en met mekaar stry.

HOE OM DIE SIKLUS VAN HAAT TE BREEK

3 | Kry haat uit jou gedagtes uit

Wat die Bybel sê:

“Verander julle denkwyse sodat julle aan julleself kan bewys wat die goeie en aanvaarbare en volmaakte wil van God is.” – ROMEINE 12:2.

Wat dit beteken:

Die dinge waaraan ons dink, is belangrik vir God (Jeremia 17:10). Ons moet meer doen as om dit net te vermy om dinge uit haat te doen of sê. Die siklus van haat begin in ons verstand en hart. Daarom moet ons dadelik ophou om aan dinge te dink wat kan veroorsaak dat ons gevoelens van haat kry. Slegs dan kan ons werklik “verander” en die siklus van haat breek.

Wat jy kan doen:

Ondersoek eerlik hoe jy oor ander dink en voel – veral as dit kom by mense van ’n ander ras of nasionaliteit. Vra jouself: ‘Hoe beskou ek hulle? Is my beskouing gebaseer op wat ek persoonlik oor hulle weet? Of is dit gebaseer op gevoelens van diskriminasie?’ Vermy sosiale media, flieks of vermaak wat haat en geweld bevorder.

God se Woord kan ons help om haat in ons hart en verstand te oorkom

Dit is nie altyd maklik om eerlik te wees wanneer jy jou eie gedagtes en gevoelens ondersoek nie. Maar God se Woord kan ons help om “gedagtes en bedoelings van die hart [te] onderskei” (Hebreërs 4:12, voetnoot). So hou aan om die Bybel te lees. Vergelyk wat die Bybel sê met jou eie gedagtes, en probeer hard om jouself te leer om op ’n manier te dink wat God se hart bly maak. God se Woord kan ons help om haat wat soos “sterk vestings” in ons verstand en hart is, te oorkom. – 2 Korintiërs 10:4, 5.

Ondervinding – STEPHEN

Hy het sy denke verander

Stephen.

Stephen en party van sy familie was deur wit mense gehaat. As gevolg hiervan het hy betrokke geraak by ’n politieke groep wat vir mense se regte geveg het. Later het hy self deelgeneem aan haatmisdade. Stephen sê: “Soms het ek en my vriende byvoorbeeld rolprente gekyk wat die lyding van Afrika-slawe in die Verenigde State uitgebeeld het. Omdat ons woedend was oor daardie onregte, het ons wit jongmense daar, in die bioskoop, aangeval. Daarna het ons na wit buurte gegaan, opsoek na nog mense om aan te rand.”

Stephen se denke het heeltemal verander toe hy die Bybel met Jehovah se Getuies begin studeer het. Hy sê verder: “Omdat ek aan soveel rassevooroordeel blootgestel is, het ek dinge onder die Getuies gesien wat my verstom het. Byvoorbeeld, toe ’n wit Getuie oorsee moes gaan, het hy ’n swart gesin gevra om na sy kinders te kyk. En ’n wit gesin het ’n swart jongmens ingeneem wat blyplek nodig gehad het.” Stephen het gesien dat die Getuies soos ’n liefdevolle familie is, en dit het hom gehelp om te verstaan dat hulle Jesus se belofte vervul dat sy volgelinge ware liefde vir mekaar sou hê. – Johannes 13:35.

Wat het Stephen gehelp om op te hou om gewelddadig te wees en ander te haat? Die teks in Romeine 12:2 het hom gehelp. Hy sê: “My Bybelstudie het my laat besef dat ek my denke moet verander. Ek moes my verstand hervorm sodat ek nie net vreedsaam kon optree nie, maar hierdie lewe ook as die beste lewenswyse kon beskou.” Stephen geniet nou al meer as 40 jaar lank ’n lewe sonder haat.

Lees meer oor Stephen se verhaal in Die Wagtoring van 1 Julie 2015, bladsy 10-11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel