Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 1/22 bl. 28-29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • RAMPE TREF DIE VERENIGDE STATE
  • ‘VV MOET SENTRALE ROL SPEEL’
  • ROOKVERBOD OP BYKANS ALLE VLUGTE
  • “GESAGHEBBENDE” OUERS DIE BESTE
  • HEBSUG LEI MENSDOM TOT RAND VAN AFGROND
  • OLIFANT—NOU ’N BEDREIGDE SPESIE
  • MENSVRETERLEEUS
  • BYKOMENDE BEDREIGING
  • ESKAAF MAAR TERNEERGEDRUK
  • LAAT WOESTYNE BLOM
  • EERSTE MOSKEE IN ROME
  • TUISGEKWEEKTE DAGGA
  • Ivoor—Hoeveel is dit werd?
    Ontwaak!—1998
  • ’n Koninkryk wat op sand, olie en godsdiens gebou is
    Ontwaak!—1991
  • Bewaring versus uitwissing
    Ontwaak!—1996
  • Is daar plek vir mens sowel as dier?
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 1/22 bl. 28-29

Ons beskou die wêreld

RAMPE TREF DIE VERENIGDE STATE

Twee rampe het gedurende September en Oktober 1989 verskillende gebiede van die Verenigde State verwoes. Eers het die orkaan Hugo, met winde van 220 kilometer per uur, die suidoostelike deel van die Verenigde State geteister en ’n spoor van verwoesting agtergelaat. Op 17 Oktober het ’n aardbewing, wat 7,1 op die Richterskaal geregistreer het, die San Francisco Bay-gebied geskud. Tientalle mense is gedood en miljarde rande se skade is in daardie westelike deel van die land aangerig. Toevallig is noordelike China gedurende die daaropvolgende twee dae (18, 19 Oktober) deur ’n reeks aardbewings met ’n sterkte van ongeveer 6 op die Richterskaal getref. Minstens 29 mense is gedood.

‘VV MOET SENTRALE ROL SPEEL’

Diplomate wat die 44ste Algemene Vergadering van die Verenigde Volke bygewoon het, het verklaar dat die drie belangrikste wêreldvraagstukke wat dadelik ’n oplossing verg die skuld van ontwikkelende lande, dwelmhandel en omgewingsbewaring is. Daar was algemene konsensus dat die VV by die oplossing van hierdie vraagstukke betrokke moet raak. Die president van die Algemene Vergadering het gesê dat al die lede “die belangrikheid daarvan onderstreep het dat die Verenigde Volke ’n sentrale rol moet speel as die mensdom se laaste hoop op vrede en geregtigheid.”

ROOKVERBOD OP BYKANS ALLE VLUGTE

Wetgewers in die Verenigde State het besluit om rook op bykans alle vlugte van binnelandse kommersiële lugdienste te verbied. Daar is elke dag ongeveer 16 000 vlugte binne die Verenigde State. Die wet sal rook op ongeveer 20 van daardie vlugte toelaat, het ’n stemmewerwer vir die Association of Flight Attendants gesê. “Ons het nou die punt bereik waar ons rook op vliegtuie feitlik verbied het”, het een senator gesê.

“GESAGHEBBENDE” OUERS DIE BESTE

“Die kanse is aansienlik groter dat ouers wat nie hardvogtig straf uitdeel nie, maar wat ferm beperkinge stel en daarby bly, kinders sal voortbring wat goed presteer en wat goed met ander oor die weg kom”, sê U.S.News & World Report. Sulke ouers word “gesaghebbend” (“doen dit om hierdie rede”) genoem, teenoor “outoritêr” (“doen dit omdat ek die ouer is”) en “permissief” (“doen wat jy wil”)—die ander dissiplinêre metodes wat kinders voortgebring het met gedragspatrone wat opvallend anders was. Die studies, wat oor twee dekades gestrek het, het getoon dat gesaghebbende ouers ’n groter kans het om kinders te hê wat stabiel, tevrede, selfbeheers en selfstandig is, en wat nie met dwelms sal eksperimenteer nie. “Gesaghebbende ouers is nie baasspelerig nie”, sê sielkundige Diana Baumrind aan die Universiteit van Kalifornië, wat die studies gelei het. “Hulle lê hulle daarop toe om hulle kinders te leer ken, om te weet hoe hulle op skool vaar en wie hulle vriende is. Hulle beheer weerspieël ’n hoë vlak van verbintenis aan die kind, en hulle is nie bang om die kind te konfronteer nie.”

HEBSUG LEI MENSDOM TOT RAND VAN AFGROND

Tydens ’n onlangse kongres in Vancouver, Kanada, het Digby McLaren, president van die Royal Society of Canada, gesê: “Ons sien die mens as die verwoester en ontwrigter van ons hele wêreld.” Die kongres van internasionale wetenskaplikes en geleerdes wat deur UNESCO (die Verenigde Volke se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) geborg is, het tot die slotsom gekom dat die soeke na materiële rykdom die mensdom tot op die randjie van vernietiging gebring het. Mnr. McLaren het bygevoeg dat wetenskaplike en tegnologiese vooruitgang ’n beheptheid met materiële welvaart veroorsaak het terwyl kulturele en geestelike waardes verwaarloos word. Die groep het ’n beroep gedoen op mense om lands-, rasse- en godsdiensgrense te verwyder sodat hulle kan saamwerk om die aarde te herstel.

OLIFANT—NOU ’N BEDREIGDE SPESIE

Die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies, wat verlede Oktober in Lausanne, Switserland, vergader het, het die Afrikaanse olifant op sy lys van bedreigde spesies geplaas. Daardie stap beteken dat ’n verbod op ivoorhandel ingestel is. Die konvensie hoop dat hierdie stap ’n einde sal maak aan wilddiewery deur ivoorjagters. Volgens skatting is Afrika se olifantbevolking gedurende die laaste dekade met die helfte verminder. In 1979 was daar 1,3 miljoen olifante op die kontinent. Op die oomblik is daar ongeveer 625 000.

MENSVRETERLEEUS

Die Nasionale Krugerwildtuin deel ’n grens van ongeveer 320 kilometer met Mosambiek. Om die burgeroorlog te ontvlug, het talle Mosambiekers deur die wildtuin gevlug en sodoende hulle lewens gewaag, omdat die park vol leeus en ander gevaarlike diere is. Gewoonlik vermy leeus mense. Maar daar word vermoed dat die vlugtelingtrek die leeus ’n smaak vir mensvleis gegee het, omdat hulle mense maklik kan oorval wat nie kan aanhou beweeg nie en wat uitgeput neerval. Drie mense is onlangs in Suid-Afrika deur leeus doodgemaak, en twee van hierdie aanvalle het in die Krugerwildtuin plaasgevind. Veldwagters is dus opdrag gegee om al die mensvreterleeus op te spoor en te skiet.

BYKOMENDE BEDREIGING

Nog ’n dimensie is by die huidige dwelmplaag gevoeg: die vernietiging van die reënwoude. “Aangedryf deur die Amerikaanse en Europese vraag na kokaïen het Peruaanse kokakwekers groot dele van die Amasone-reënwoud uitgekap en stort hulle miljoene [liters] giftige chemikalieë in sy hooglande en in sy boloop”, berig The New York Times. Volgens die berig het die kokakwekers “twee nasionale parke en twee nasionale woude binnegedring en die grootste gedeelte van ’n delikate wolkwoud, wat as die ‘wenkbrou van die oerwoud’ bekendstaan, ontbos en ’n gebied wat volgens skatting ruim [200 000 hektaar] tropiese woud beslaan het, vernietig”. Kokablare is nou die grootste oes wat in die Peruaanse Amasone gekweek word. Weens hulle gretigheid om kokaïen te kweek het die boere hulle voorvaders se boerderymetodes wat erosie van die bogrond voorkom het, laat vaar, en die gevolg was kwaai gronderosie.

ESKAAF MAAR TERNEERGEDRUK

Maak die moderne beskawing mense gelukkiger? ’n Onlangse studie het die resultate van opnames wat dwarsdeur die wêreld gedoen is, byeengebring, en dit het getoon dat die voorkoms van terneergedruktheid in ’n groep ontwikkelde lande sedert die Tweede Wêreldoorlog die hoogte ingeskiet het, en in party gevalle selfs verdubbel het. Die jeug word dikwels die swaarste getref. Aan die ander kant het die voorkoms van terneergedruktheid in ander lande met meer tradisionele gemeenskapstrukture gedurende dieselfde tydperk net effens toegeneem. Waarom? Volgens The Boston Globe gis die navorsers wat aan die studie deelgeneem het dat die neiging tot stadslewe in hierdie gevorderde lande, tesame met groter beweeglikheid, tot losser gesinsbande en maatskaplike netwerke gelei het. Die hoofnavorser verbonde aan die studie kom tot hierdie slotsom: “Dit lyk of depressie die prys van beskawing is.”

LAAT WOESTYNE BLOM

Saoedi-Arabië laat die woestyn blom in ’n ambisieuse plan om self in hulle voedselproduksie te voorsien. Honderde groen sirkels, elk tot 80 hektaar groot, is oor die Saoedi-woestyn versprei en word besproei deur water wat van diep onder die grond uitgepomp word. Maar dit is nie goedkoop om die woestyn in ’n produktiewe land te omskep nie. Die regering het reeds miljarde rande aan die projek bestee. “Om koring in Saoedi-Arabië te kweek is so duur soos om waatlemoene onder glas by die Noordpool te kweek”, sê The Economist. Maar selfs al lyk dit asof geld wat van petroleumproduksie beskikbaar is onbeperk is, is die watervoorraad nie onbeperk nie. Die meeste van die water wat gebruik word, kom van diep waterklippe met ingeslote “fossielwater” wat nie aangevul kan word nie. Daar word gevrees dat die waterklippe binne 10 tot 20 jaar uitgeput kan word indien watergebruik teen die huidige groeitempo voortduur.

EERSTE MOSKEE IN ROME

Benito Mussolini, Italië se Fascistiese heerser gedurende die Tweede Wêreldoorlog, het glo geweier dat ’n moskee in Rome gebou word en het gesê dat hy dit net sou toelaat wanneer ’n Rooms-Katolieke kerk in Mekka gebou kon word. Die tye het verander. Daar word nie net ’n moskee sowat vyf en ’n half kilometer noordoos van die Vatikaan gebou nie, maar dit word ook deur die argitekte daarvan as die grootste in Europa beskryf. “Selfs al is dit nie die grootste nie, en dit word bevraagteken, is dit die belangrikste moskee in Europa”, sê Abdoel Kajoem Khan, leier van die Islamitiese Kulturele Sentrum in Rome. “Feit is dat dit die enigste een in die hartjie van die Christendom, so te sê in die Mekka van Katolisisme, is.” Die Vatikaanse amptelike posisie is glo desnieteenstaande gunstig.

TUISGEKWEEKTE DAGGA

Pogings om die gebruik van dagga in die Verenigde State te beperk, het meer as misluk—dit het geboemerang. The New York Times berig dat, hoewel die federale begroting vir die toepassing van daggabekampingswette van R1368 miljoen in 1982 tot R2517 in 1988 toegeneem het, al daardie geld nòg die beskikbaarheid nòg die gebruik van die dwelm verminder het. Inteendeel, die gebruik van ekstra sterk, tuisgekweekte dagga is aan die toeneem. In The Medical Post van Kanada, waarsku dr. Andrew Macnab dat sulke tuisgekweekte dagga tot 350 giftige verbindings kan hê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel