Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 3/22 bl. 19-20
  • Uit hulle eie mond geoordeel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Uit hulle eie mond geoordeel
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Verenigde Europa—Waarom sal dit saak maak?
    Ontwaak!—2000
  • Die droom van Europese eenheid
    Ontwaak!—1991
  • Word die situasie werklik beter?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Waarom ’n internasionale hof in Europa?
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 3/22 bl. 19-20

Uit hulle eie mond geoordeel

VERLEDE Mei het 638 afgevaardigdes wat al Europa se sogenaamde Christenkerke verteenwoordig het, in Basel, Switserland, byeengekom vir die Europese Ekumeniese Vergadering “Vrede met geregtigheid”. Hulle het ’n finale dokument met ’n meerderheidstem van 94,5 persent aangeneem, wat derhalwe beskou kan word as ’n konsensusdokument van die Europese Christendom. Laat hierdie dokument ’n paar vrae beantwoord wat ons gepas kan vra. (Die syfers tussen hakies verwys na die dokumentdele.)

Aanbid hierdie kerke die een ware God, Jehovah, en handhaaf hulle behoorlike Christelike eenheid?

“Ons is ons lewe verskuldig aan God die Skepper, die drie-enige God—Vader, Seun en Heilige Gees; wat homself deur sy genade in Jesus Christus aan die mensdom geopenbaar het. Ongeag voortdurende belydenisverskille deel ons almal hierdie geloof” (21).

“As gevolg van doop en ons geloof nadat ons God se woord gehoor het, is ons as Christene alreeds een in Christus, hoewel ons nog nie in volkome gemeenskap is nie. Ons streef daarna om die verskille te bowe te kom wat steeds in leerstelling en die beoefening van die geloof bestaan, sodat ons ’n volkome gemeenskap kan bereik” (39).

“Ons het versuim om die verdeeldheid onder die kerke te bowe te kom en het dikwels die gesag en mag wat aan ons gegee is, misbruik om beperkte en valse solidariteite soos rassisme, seksisme en nasionalisme te verstewig” (43).

Het hulle getrou gebly aan hulle bewering dat hulle navolgers van die Vredevors is?

“As Christene glo ons dat ware vrede verkry kan word deur met Christus te wandel, hoewel ons dikwels daarvan wegskram om hom tot die einde te volg. Sy afswering van geweld spruit uit die liefde wat selfs die vyand probeer hervorm en poog om vyandigheid sowel as geweld te bowe te kom. Hierdie liefde is bereid om op ’n daadwerklike wyse te ly. Dit lê die onregverdigheid van die gewelddaad bloot, maak diegene wat geweld gebruik aanspreeklik en betrek die vyand in ’n vredesverhouding” (32).

“Ons het oorloë veroorsaak en het nie alle geleenthede gebruik om na versoening en bemiddeling te streef nie; ons het oorloë vergoelik en dit dikwels alte maklik geregverdig” (43).

“Skismas en godsdienstwis het ’n groot uitwerking op die Europese geskiedenis gehad. Baie oorloë was godsdiensoorloë. Miljoene mans en vrouens is weens hulle geloof gemartel en doodgemaak” (48).

Het hulle Jesus se voorbeeld gevolg om die waarheid te spreek, geregtigheid na te streef en respek vir lewe en God se skepping te toon?

“Kerke en Christene het in baie opsigte gefaal en het nie altyd die standaarde van God se roeping nageleef nie en het soms selfs nie eers die waarheid van Jesus Christus verkondig nie . . . Ons was te lank blind vir die implikasies en vereistes van die Evangelie met betrekking tot geregtigheid, vrede en die integriteit van die skepping” (42).

“Ons het nagelaat om van God se sorg vir ieder en elke skepsel te getuig en om ’n lewenstyl te ontwikkel wat ons selfbegrip as ’n deel van God se skepping uitdruk” (43).

Is hulle onbekend met die rede vir wêreldprobleme?

“Wat is die grondoorsake van die bedreiginge wat ons vandag in die gesig staar? . . . Die ware oorsake . . . moet in die kern van die mensdom gesoek word, in die mens se gesindhede en mentaliteite” (18, 19).

“Die doodloopstrate waarin ons ons bevind, het per slot van rekening hulle oorspronge in die feit dat God se weë verlaat is” (41).

Draai hulle, ondanks hierdie erkentenis, hulle rug op menseheerskappy en plaas hulle hulle vertroue in God se opgerigte Koninkryk?

“Drie belangrike en gewigtige ontwikkelinge vereis spesiale aandag: die verbetering van Oos-Wesverhoudinge in die CSCE-proses [Conference on Security and Cooperation in Europe]; die demokratiese hervorminge in die Sowjetunie en ander Oos-Europese lande; die integrasie van Wes-Europa (Enkele Europese Wet, wat vanaf die begin van 1993 ten volle in werking tree)” (51).

“Die internasionale raamwerk van die Verenigde Volke moet effektiewer gemaak word. Hulle het bewys dat hulle van hulp kan wees in die oplossing van streekkonflikte, in die ondersteuning van die ontwikkelingspogings van baie lande, in die hantering van omgewingsprobleme. Dit is derhalwe nodig dat die regerings van die wêreld hulle ondersteuning van die Verenigde Volke vergroot en dat hulle hierdie ondersteuning in ’n tasbare vorm omsit” (83).

Is daar enige aanduiding dat hulle hulle beleid van politieke betrokkenheid in die nabye toekoms sal verander?

“Verder sal 1992 die 500ste herdenking wees van die begin van ’n tydperk van Europese uitbreiding wat ander nasies tot nadeel gestrek het. Hier word ’n beroep op ons gedoen om ons te beywer vir ’n regverdige en vreedsame verhouding tussen die lande in Europa sowel as tussen Europa en ander wêrelddele, in die besonder die Midde-Ooste waarvoor Europa groot geskiedkundige verantwoordelikheid dra. Ons spoor ons kerke aan om die mense in Latyns-Amerika, Afrika en Asië in hulle stryd om maatskaplike geregtigheid, menswaardigheid en die bewaring van hulle omgewing te ondersteun” (84n).

Watter Bybelbeginsel moet toegepas word in die beoordeling van die godsdienste wat hierdie finale dokument saamgestel het?

Mattheüs 12:37 sê: “Uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.” (Sien ook Lukas 19:22.) Wat is die Europese Christendom se posisie? Verklaar haar woorde haar regverdig of veroordeel hulle haar? Kan daar, met die oog op die bogenoemde aanhalings, enige twyfel wees?

[Foto-erkenning op bladsy 19]

Swiss National Tourist Office

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel