Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g90 8/22 bl. 13
  • ’n Brief van waardering

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Brief van waardering
  • Ontwaak!—1990
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Ek het nog nooit iets beters gelees nie’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Lesers se reaksie op die Jongmense vra-boek
    Ontwaak!—1990
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2003
  • Die boek Daniël word verduidelik!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Sien nog
Ontwaak!—1990
g90 8/22 bl. 13

’n Brief van waardering

JEHOVAH SE GETUIES druk en versprei jaarliks tienmiljoene eksemplare van die Bybel en boeke wat hulpmiddele is om die Bybel te verstaan. ’n Bybelstudent van Texas, VSA, het onlangs van haar 20-jarige neef ’n brief van waardering ontvang vir die publikasies wat sy aan hom gestuur het. Die volgende is deels wat hy oor hierdie lektuur gesê het:

“Liewe tant Irene en gesin,

“. . . Dit is nou 1:00 vm.; ek weet dus nie hoe lank hierdie brief sal wees nie, maar ek sal probeer sê wat ek wil sê, en dit is hoofsaaklik baie dankie!

“Die boeke wat julle my gestuur het, is werklik verstommend! Hulle is waarlik meer as wat ek verwag het. Hulle het almal iets boeiend; daardie een bestanddeeltjie wat dit interessant en die moeite werd maak om te lees.

“Lewe . . . deur evolusie of deur die skepping is regtig boeiend! Die skrywers van hierdie boek verdien ’n stewige handdruk! Die verduidelikings is eenvoudig, logies en verstaanbaar. My geliefkoosde sin in die boek is: ‘Dat lewe per ongeluk ontstaan het, kan vergelyk word met ’n onverkorte woordeboek wat tydens ’n ontploffing in ’n drukkery geskep word.’ Dit is uitstekend gestel!

“Paradys [Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe] is ’n ander goeie boek. Hierdie boek hersien baie dinge wat ek al gelees het maar met meer styl en sekerheid as ander materiaal. Ek moet hierdie boek nog klaar lees.

“Redenering [uit die Skrif] is die woordeboek wat ek nog altyd wou hê. Logiese redenering oor fundamentele begrippe wat ek nie voorheen kon begryp nie; Bybelse beskouings oor aktuele onderwerpe. Absoluut verbasend! Beslis ’n boek om te ondersoek; ek moet julle weer eens bedank.

“Vrae [wat jongmense vra—Antwoorde wat werk] is ’n boek wat vandag toevallig nuttig te pas gekom het. Ek het dit gebruik om ’n dierbare vriendin van my, wat verskeie probleme met afsprake het, raad te gee. Die logiese antwoorde het regtig vir haar sin gemaak. Ek het ook gevind dat dit my persoonlik gehelp het om myself ’n bietjie beter te verstaan. Baie dankie.

“En die laaste maar beslis nie die minste nie, die New World Translation. Hierdie vertaling is soveel makliker om te verstaan as my KJV[King James Version] dat ek meer dikwels daarin naslaan as in die ander Bybel . . . Mag God julle seën vir hierdie waardevolle geskenke! . . .

“Sonder die boeke wat julle my gestuur het, sou ek heel moontlik steeds deur selfbejammering oorweldig gewees het, maar nou het ek die instrumente om my in my situasie te help, en dit is iets waarvoor ek julle nie maklik kan vergoed nie. Jesus sal trots wees op julle. En ek is ook!

“Ek het so baie in so ’n kort tydjie geleer; dit is só opwindend! Ek het nooit gedink die Bybel kan so interessant en stimulerend wees nie. Ek het nou grondige redes om deur te druk en uit die smerige moeras te ontsnap waarin Satan my gewerp het, en ek wil die res van die wêreld daarvan vertel. Baie dankie!

“Dra asseblief my groete oor aan die gesin. . . .

“Ek bid vir julle almal!

Met innige dank,

Michael”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel