Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 1/22 bl. 15
  • Verdwynende woude, stygende temperature

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verdwynende woude, stygende temperature
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Reënwoude—Kan dit gered word?
    Ontwaak!—2003
  • Die voordele van die reënwoude
    Ontwaak!—1998
  • Waarom die reënwoude red?
    Ontwaak!—1990
  • Reënwoude—Wie sal dit red?
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 1/22 bl. 15

Verdwynende woude, stygende temperature

TROPIESE ontbossing. Die kweekhuiseffek. Hierdie twee krisisse word dikwels in een asem genoem. En dit met goeie rede: Ontbossing bevorder die kweekhuiseffek. Terwyl die mens die uitgebreide bosstreke afbrand, gelykstoot en onder water sit om plek te maak vir plase, paaie en hidroëlektriese damme, stel die woude hulle geweldige koolstofreserwes in die atmosfeer vry. Die koolstofdioksied wat so ontstaan, is maar een van die talle gasse wat veroorsaak dat die atmosfeer hitte behou en die aardbol sodoende stelselmatig verwarm.

Onlangse verslae deur die Verenigde Nasies onthul dat albei krisisse ernstiger kan wees as wat voorheen gemeen is. Meer as 300 klimaatkundiges uit alle dele van die wêreld het byvoorbeeld in Mei 1990 gewaarsku dat die gemiddelde wêreldwye temperatuur oor die volgende 35 jaar met 2 grade Celsius sal styg en teen die einde van die volgende eeu met 6 grade Celsius tensy die mens die tendens omkeer.

Die wetenskaplikes beweer dat dit die opvallendste gemiddelde temperatuurverandering sal verteenwoordig wat die aarde in tienduisend jaar beleef het. Hoewel die kweekhuiseffek dikwels ’n twispunt onder wetenskaplikes is, sê The Washington Post: “Wetenskaplikes wat die verslag saamgestel het . . . het gesê dat dit ’n merkwaardige konsensus verteenwoordig onder honderde gewoonlik stryerige wetenskaplikes.”

Intussen het ’n verslag met die opskrif World Resources 1990-91 bereken dat die wêreld sy tropiese woude 50 persent vinniger verloor as wat vorige ramings getoon het. Die samegestelde tempo van tropiese ontbossing vir nege lande—in Asië, Afrika en Suid-Amerika—het gedurende die tagtigerjare meer as drievoudig toegeneem! Volgens hierdie verslag beloop die wêreldtotaal vir tropiese bosse wat jaarliks vernietig word tussen 16 en 20 miljoen hektaar.

Ontbossing het reeds verliese toegebring. Die tydskrif International Wildlife sê byvoorbeeld dat die wêreld se reënwoude die tuiste is van minstens 5 miljoen en moontlik tot 30 miljoen plant- en dieresoorte—“meer as wat in alle ander aardse ekosisteme saam aangetref word”. Hierdie spesies is vinnig op pad na uitwissing. Party voëlkykers in die noordelike klimaatstreke het al opgemerk dat die voëls wat elke seisoen uit die tropiese woude migreer al hoe skaarser word.

Sowat 80 persent van die blomplantsoorte wat in Madagaskar voorkom, word nêrens anders op die planeet aangetref nie; een van hulle, die tropiese maagdeblom, vorm die grondbestanddeel vir sommige van die wêreld se belangrikste teenkankermiddels. Nogtans is meer as die helfte van Madagaskar se woude reeds beskadig of uitgewis.

Die mens is in hierdie laaste dae inderdaad besig om “die aarde te verderf” soos die Bybel lank gelede voorspel het.—Openbaring 11:18.

[Foto-erkenning op bladsy 15]

Abril Imagens/João Ramid

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel