Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 5/8 bl. 21
  • 1492—Nie net ’n ontdekking nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 1492—Nie net ’n ontdekking nie
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Aleksander VI—’n Pous wat Rome nie kan vergeet nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Die soektog na speserye, goud, bekeerlinge en roem
    Ontwaak!—1992
  • Die Katolieke Kerk in Spanje—die mag en die privilegie
    Ontwaak!—1990
  • Besluite wat vastelande verdeel het
    Ontwaak!—2015
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 5/8 bl. 21

1492—Nie net ’n ontdekking nie

WAAROM is 1492 so ’n belangrike datum in die mensegeskiedenis? Dit word gewoonlik onthou as die jaar waarin Christophorus Columbus per skip uit Spanje vertrek het om die Nuwe Wêreld in die weste te ontdek. Maar in sy boek The Conquest of Paradise onthou Kirkpatrick Sale die datum ook om ander redes. Hy skryf:

“Op 2 Augustus 1492, die dag voordat Colón [Columbus] per skip uit Palos [Huelva, Spanje] vertrek het, het die finale dag vir die uitsetting van die hele Joodse bevolking in Spanje aangebreek. Volgens ’n koninklike bevel . . . moes alle Jode, ongeag hul ouderdom of stand of posisie, summier uitgesit word. Volgens die beste skattings is sowat 120 000 tot 150-000 mense gedwing om te vlug en hulle huise en grond waar hulle families geslagte lank, in sommige gevalle eeue lank, gewoon het, agter te laat en kon hulle net hulle noodsaaklike persoonlike besittings saamneem—maar nie hulle goud, silwer, juwele of geld nie, wat agtergelaat moes word vir die [Katolieke] kroon en sy agente.”

Volgens Sale se boek word daardie selfde jaar vir nog ’n skandelike gebeurtenis in die geskiedenis opgeteken:

“Op die aand van 10 Augustus 1492 het Rodrigo de Borja, ’n Spaanse lid van die beroemde Borgia-familie hom, met behulp van die mag en geld van Ferdinand van Aragon, tot omkopery, dreigemente, argumente en afpersing gewend om die posisie van opperpriester, Stedehouer van Christus en Pous van die Roomse Kerk vir homself in te palm en die pouslike naam Alexander VI aangeneem. Hy was ’n skatryk man wat in onbeskaamde weelde gelewe het, en was, ten spyte van sy heilige geloftes, die vader van ’n onbekende aantal kinders in Castile en Rome, waaronder Cesare en Lucretia, . . . en is selfs in sy tyd beskou as die uiterste simbool van ’n pousdom wat die bodem van ’n eeulange verval bereik het. Sy pousdom is gekenmerk . . . deur die openlike opveiling van winsgewende kerklike ampte aan die rykste en korrupste lede van sy heilige kurie en deur sy eie persoonlike regsverdraaiing in ampshoedanigheid, wat omkopery, seksuele afsprake, minnaresse wat by hom ingewoon het en die voorlesing van pornografie uit die pouslike biblioteek ingesluit het.”—The Conquest of Paradise, bladsye 13, 16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel