Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 7/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 7/8 bl. 30

Van ons lesers

Hoe om kritiek te ontvang Ek het vroeër vandag kritiek ontvang oor ’n projek waaraan ek weke lank gewerk het. Hoewel die kritiek tot my voordeel gestrek het, was my toesighouer ongevoelig. Ek was baie ontsteld. Toe ek by die huis kom, het ek die artikel “Haat jy dit om kritiek te ontvang?” (8 Februarie 1991) gelees. Dit is onnodig om te sê dat dit my hele beskouing verander het.

D. B., Verenigde State

Die artikel het my werklik gehelp. Aangesien ek onlangs gekritiseer is, was ek terneergedruk en is ek deur wanhoop oorweldig. Maar ek het die artikel oor en oor gelees, en dit het my gehelp om my probleem die hoof te bied.

N. O., Japan

Drink en bestuur Ek is diep getref deur die artikels oor “Drink en bestuur—’n dodelike kombinasie” (8 Februarie 1991). My nege maande oue sussie is sowat 31 jaar gelede in ’n motorongeluk dood. Ek treur nog oor haar. ’n Dronk bestuurder het in ons motor vasgejaag. Ek kan nog sien hoe vol bloed my ma was en hoe my sussie dood oor haar sitplek gehang het. Ek is gelukkig om geloof in die opstanding te hê, maar ek hoop werklik dat die artikel party mense twee keer sal laat dink voordat hulle drink en bestuur.

K. N., Verenigde State

Ek is 16 jaar oud. Die artikel “Slagoffers ontmoet oortreders” het roerende ondervindinge bevat en het trane in my oë laat kom. Ek is seker dat dié artikel baie jongmense soos ek sal help om ander mense in gedagte te hou en nie alkohol onverskillig te gebruik nie.

R. H., Duitsland

Sorg vir die bejaardes Die artikel “Versorging van bejaardes—’n toenemende probleem” (22 Maart 1991) het my baie aangemoedig. My 86-jarige pa ly nou aan Alzheimer-siekte en ek wou hom tuis versorg eerder as om hom in ’n hospitaal te sit. Namate sy toestand versleg het, het die probleme en geestelike spanning verbonde aan sy versorging toegeneem. Ek het ’n punt bereik waar ek heeltemal moedeloos was! Maar toe het ek julle artikels gelees. Ek is werklik vertroos en het trane in my oë gekry. Daar lê nog baie, baie probleme en moeilike tye voor, maar dit het my besluit om my pa tot aan die einde te versorg kragtig versterk.

T. H., Japan

Mexikostad Die artikel “Mexikostad—’n Groeiende monster?” (8 Januarie 1991) was na my mening onjuis. Julle sê dat ’n groot gesin ’n kulturele erfenis is. Die verskynsel word egter net in party dele van die land aangetref—nie in Mexikostad nie.

S. C., Mexiko

Ons is jammer as die artikel ’n misverstand veroorsaak het. Die stelling is egter met verwysing na Mexiko oor die algemeen gemaak, nie bloot na Mexikostad nie.—RED.

Nagklubs As ’n musiek- en dansonderwyser was ek besorg oor julle artikel “Jongmense vra . . . Wat van nagklubs?” (8 Februarie 1991). Daar is niks verkeerd met musiek en dans nie. Maar julle artikel het beweer dat musiek en dans al gebruik is om mense te lok sodat hulle hul sleg gedra. Ek stem nie saam nie. Julle artikel sal net mense teen die kunste laat draai.

B. M., Verenigde State

Ons het nie alle soorte musiek en dans veroordeel nie. Verdorwe musiek en sensuele danse het nietemin ’n rol daarin gespeel om God se volk in Bybelse tye te mislei. (Vergelyk Exodus 32:6, 17-19.) Daarom is dit gepas om jongmense te waarsku teen party van die uiterstes waaraan mense hulle vandag oorgee.—RED.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel