Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 8/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1992
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 8/22 bl. 30

Van ons lesers

Flankeerdery Die artikel “Jongmense vra . . . Wat is verkeerd daarmee as jy flankeer?” (8 Mei 1991) het my belangstelling geprikkel. Ek het ’n vriendin wat altyd met lede van die ander geslag flankeer, en dit lyk dikwels na pret. Ek was verlig om te leer dat ‘dit net normaal is om te wil hê dat mense van jou moet hou’. Maar ek besef nou dat dit gevaarlik is om te flankeer, en ek wil eerder opregte belangstelling in mense in die algemeen toon.

S. I., Japan

Mens en dier Ek wil my opregte waardering uitspreek vir die onderwerp “Wanneer mens en dier in vrede lewe” (8 April 1991). Ek bestudeer die Bybel nou al ’n jaar lank, en ek het geleer van Jehovah se voorneme om die aarde vir ewig ’n paradys te maak. Die artikel het my liefde vir Jehovah en my begeerte om in vrede met die diere in sy nuwe wêreld te lewe baie versterk.

A. S., Brasilië

Ek was nog altyd ’n diereliefhebber. Ek wou selfs na ’n universiteit toe gaan en hulle soölogiekursus volg. Wat sou ek egter bereik as ek ’n leeftyd daaraan bestee het om net ’n paar diersoorte te bestudeer? In Jehovah se nuwe wêreld sal ek al die diere kan bestudeer—vir ewig! Toe ek die artikel lees, het ek van blydskap gehuil omdat ek weet dat daardie wens eendag bewaarheid gaan word.

L. M., Verenigde State

Slegte gewoontes Die artikel “Voorkom dat slegte gewoontes terugkeer” (8 April 1991) is soos ’n brief wat spesiaal aan my geskryf is. Hoewel die artikel nie spesifiek van my slegte gewoonte melding gemaak het nie, glo ek dat die riglyne wat dit gegee het my sal help. Met Jehovah se hulp sal ek hierdie gewoonte eens en vir altyd te bowe kom!

S. M., Verenigde State

Ongeveer 11 jaar gelede het ek meer as [36 kilogram] verloor, maar dit weer aangesit. Ek hou weer my gewig dop, en wanneer my wilskrag begin verswak, lees ek die artikel weer. Ek het dit ook gebruik by twee nuwe Bybelstudente wat hard probeer om op te hou rook.

E. T., Verenigde State

Dit was so ’n mooi artikel dat ek gehuil het. Wat my die meeste geraak het, is die gedeelte waar dit sê: ‘Ek het gefaal, en ek kan dus maar net sowel tou opgooi.’ Ek het ook altyd so geredeneer. Maar die artikel het my gehelp om my beskouing te verander.

S. H. S. N., Brasilië

Kinders van geskeide ouers Julle nommer “Hulp vir kinders van geskeide ouers” (22 April 1991) kon nie op ’n beter tyd gekom het nie. Ek is besig om te skei. Die dag voordat ek hierdie artikel ontvang het, het ek voor die kinders lelike dinge vir my man gesê. Ek het hom later om verskoning gevra en hom hierdie nommer van die Ontwaak! gegee. Dankie vir julle hulp en raad.

C. L., Verenigde State

Toe ek nege was, is my ouers geskei. Drie jaar later is hulle weer getroud. Ek was baie bly. Ek het onlangs uitgevind dat hulle weer gaan skei. Die wete dat hulle my liefhet en dat ek my tot Jehovah kan wend, help my om met my lewe voort te gaan. Julle artikel het gekom net toe ek dit die nodigste gehad het. Dankie dat julle aan die kinders dink. Ons het al die ondersteuning nodig wat ons kan kry!

A. J., Verenigde State

Seksuele treitering Ek is dankbaar vir die artikel “Jongmense vra . . . Wat kan ek doen sodat hy my sal uitlos?” (22 Mei 1991). Op dieselfde dag wat my ma vir my daardie tydskrif gegee het, het ek ’n liefdesbrief van ’n seun in my klas ontvang. Die artikel het my geleer dat wanneer seuns ongewenste toenadering soek, ons ons godsdiensopvattings duidelik kan stel. Dankie dat julle liefdevolle hulp vir ons jongmense voorsien.

M. K., Japan

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel