Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 7/22 bl. 7-8
  • VIGS—Wat ouers en kinders moet weet

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • VIGS—Wat ouers en kinders moet weet
  • Ontwaak!—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat jy moet weet
  • Hulp aan diegene met vigs
    Ontwaak!—1994
  • VIGS—’n Krisis vir tieners
    Ontwaak!—1991
  • Vigs—Loop ek gevaar?
    Ontwaak!—1993
  • VIGS—sy tragiese slagting onder kinders
    Ontwaak!—1991
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 7/22 bl. 7-8

VIGS—Wat ouers en kinders moet weet

ONGELUKKIG word die probleme van baie adolessente slagoffers wat vigs gekry het dikwels vererger deur die ongebalanseerde denkwyse van baie volwassenes wat min van vigs weet. In baie gevalle het ouers hulle eie kinders bevooroordeeld gemaak teen diegene met die siekte. Selfs nadat dokters gesê het dat daar geen gevaar is nie, weier skoolsuperintendente en -hoofde om leerlinge in die skool toe te laat wat met die vigs-virus besmet is. As gevolg daarvan is geheimhouding die leuse vir baie ouers met HIV-besmette kinders. Hulle is bang, in sommige gevalle met goeie rede, dat hulle kinders verstoot, uitgeskel, of selfs erger behandel sal word.

’n Ma met ’n vigs-besmette dogter was byvoorbeeld so bang vir moeilikheid met haar bure dat sy haar kind nie toegelaat het om met hulle kinders te speel nie. “Jy wil nie hê dat die mense wat om jou woon, moet weet dat jou kind vigs het nie, want mense doen eienaardige dinge.” Volgens berigte is dit nie oordrywing nie. Ouers is al deur hulle beste vriende en bure vermy. Vriende het hulle al op straat eerder die rug toegekeer as om hulle teenwoordigheid te erken of hulle te groet. Die stigma wat aan vigs kleef, is so diepgewortel dat klante al uit restaurante gestap het en beledigings geskree het wanneer ’n gesin met ’n kind wat aan vigs ly, ingekom het. Vaders het al hulle werk verloor. Ander het bomdreigemente ontvang. Nog ander se huise is aan die brand gesteek.

Kinders met vigs was al die slagoffers van wrede grappe deur klasmaats. Een vigs-slagoffer, wat die siekte deur ’n bloedoortapping opgedoen het, is herhaaldelik deur skoolmaats daarvan beskuldig dat hy ’n homoseksueel is. Hulle het hom gespot: “Ons weet hoe jy werklik vigs gekry het.” Die gesin is deur lede van hulle kerk vermy. Hulle het lelike naamlose briewe ontvang. Hope vullis is op hulle grasperk gegooi. Iemand het selfs ’n koeël deur ’n voorvenster geskiet.

“Dit is iets wat geheim gehou word”, het ’n ma van ’n vigs-besmette kind gesê, “en dit is wat dit ’n alleenstryd maak.” The New York Times sê verder: “Die meeste van die 1736 Amerikaanse kinders onder 13 wat vigs het, is deur hulle siekte afgesonder en gedwing om hulle toestand weg te steek vir gesonde vriende of skoolmaats wat hulle dalk sal vermy.” En ten laaste is daar hierdie opmerking van The Toronto Star: “Selfs nadat ’n kind gesterf het, is baie gesinne bang om die waarheid bekend te maak, en dit vererger die pyn en afsondering waarmee die verlies van enige kind gepaard gaan.”

Wat jy moet weet

Daar moet erken word dat vigs geen mens ontsien nie. Dit kan die rykes, die armes, die jongmense, die kindertjies en die bejaardes besmet. In sommige lande is daar ’n swak en oppervlakkige kennis van vigs onder die jongmense. Die meeste mense “het geen begrip van hoe ’n groot gevaar vigs vir tieners is nie”, het ’n vigs-deskundige van die stad New York gesê.

’n Studie onder jongmense in ’n groot Amerikaanse stad het byvoorbeeld aan die lig gebring dat 30 persent van diegene wat ondervra is, geglo het dat vigs genees kan word as dit betyds behandel word. Daar is nog geen geneesmiddel vir vigs gevind nie. Een derde het nie geweet dat ’n mens nie vigs kan opdoen bloot deur aan iemand wat die siekte het te raak of sy kam te gebruik nie. Nog ’n meningsopname onder 860 tieners tussen 16 en 19 jaar in ’n ander deel van die Verenigde State het bevind dat 22 persent nie geweet het dat die vigs-virus deur sperma oorgedra kan word nie en dat 29 persent onbewus was van die feit dat dit deur vaginale afskeidings oorgedra kan word.

Gedurende die hele inkubasieperiode asook gedurende die tydperk wanneer die vigs-simptome sigbaar is, kan die slagoffer ander besmet en die vigs-virus aan ander oordra. Dit kan egter nie oorgedra word deur ’n vigs-slagoffer met die hand te groet of te omhels nie, aangesien die virus vinnig buite die liggaam sterf. Die virus kan ook nie op toiletsitplekke lewe, soos sommige vrees nie. Skoolhoofde en superintendente is miskien bang dat leerlinge wat nie vigs het nie die siekte kan opdoen deur water te drink by ’n waterfonteintjie wat pas deur ’n vigs-slagoffer gebruik is. Deskundiges sê dat hierdie vrese ongegrond is, aangesien daar geen manier is waarop die virus in die bloedstroom van die onbesmette persoon kan kom nie.

Dokters word dikwels gevra of dit gevaarlik is om gaatjies in die ore te laat maak, aangesien naalde gebruik word. Deskundiges erken dat die vigs-virus wel so opgedoen kan word as besmette toerusting gebruik word. En wat van ’n soen? “As iemand wat vigs het of met die HIV-virus besmet is jou soen en jy ’n bloeiende sny of seer op jou lippe of in jou mond het, is dit denkbaar, maar hoogs onwaarskynlik”, het een deskundige gesê. Dit is egter moontlik.

Die enigste manier waarop jy kan weet of jy besmet is, selfs nadat sekere verdagte simptome dalk al verskyn het, is deur ’n deeglike doktersondersoek en ’n bloedtoets.

En, ten laaste, as jy ’n kind is, wees eerlik met jou ouers. Wanneer al die ander jou in die steek laat, kan hulle by jou staan en jou die gerusstelling en hulp gee wat jy nodig sal hê. Wees verstandig en sê nee vir dwelms en voorhuwelikse seks. Dit kan jou lewe red. Baie jongmense wat die vigs-virus deur seks of deur besmette naalde opgedoen het, erken dat hulle deur slegte omgang beïnvloed is. Die apostel Paulus se woorde het nou ongetwyfeld vir hulle diep betekenis. “Moenie mislei word nie. Slegte omgang bederf nuttige gewoontes”—en dit kan jou, in sommige gevalle, jou lewe kos.—1 Korinthiërs 15:33, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel