Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 8/8 bl. 12-13
  • Aanneming—Is dit ’n vereiste vir Christene?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aanneming—Is dit ’n vereiste vir Christene?
  • Ontwaak!—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe het aanneming begin?
  • ’n Skriftuurlike grondslag?
  • Wat is doop?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die betekenis van jou doop
    Aanbid die enigste ware God
  • Kinderdoop—Waarom party priesters nee sê
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Moet jy weer gedoop word?
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 8/8 bl. 12-13

Die Byblese beskouing

Aanneming—Is dit ’n vereiste vir Christene?

“Aanneming is die sakrament wat aan die gedoopte Christen die algehele volmaaktheid van die Christelike lewe verleen, wat van hom geestelik ’n volwassene, ’n soldaat en ’n getuie van Christus maak.”—The Catholic Encyclopedia for School and Home.

DIE meeste Protestante verwerp die gedagte dat aanneming ’n sakrament is. Die 13de-eeuse Katolieke teoloog Thomas van Aquino het egter geskryf: “Aanneming is ’n finale vervolmaking van die doopsakrament.” In albei gevalle kom die vraag op: Het die vroegste Christene aanneming beoefen? Is daardie seremoniële daad vandag ’n vereiste vir Christene?

“Daar is absoluut niks in die Evangelie wat daarop dui dat Jesus self die Aannemingsakrament ingestel het nie”, erken die New Catholic Encyclopedia. Waarom het kerkleraars dan later die gedagte bevorder dat daar ná die doop ’n tweede rite, wat salwing met olie en handoplegging kan insluit, nodig was om die persoon ’n voller lid van die kerk te maak?

Hoe het aanneming begin?

Kinderdoop was een van die belangrikste faktore wat daartoe gelei het dat ’n ander sakrament nodig geword het. “Kerke . . . is bewus van die probleme wat dit veroorsaak wanneer babas gedoop word”, sê die boek Christianity, “en herinner diegene wat gedoop is aan die betekenis daarvan deur hulle later in hul lewe ‘aan te neem’.” Herinner aanneming hulle werklik aan die betekenis van die doop of verberg dit die waarheid omtrent die doop?

Feit is dat kinderdoop geen ondersteuning in die Skrif het nie. As ’n baba byvoorbeeld met water besprinkel word, bevry dit hom nie van erfsonde nie; slegs geloof in Christus Jesus se losprysoffer kan dit doen (Johannes 3:16, 36; 1 Johannes 1:7). Waterdoop is ’n sigbare simbool dat die persoon wat gedoop word ’n algehele toewyding deur Jesus gemaak het om Jehovah God se wil te doen. Waterdoop is vir dissipels—‘gelowiges’—nie babas nie.—Mattheüs 28:19; Handelinge 8:12.

“Waar het die Doop geëindig en waar het Aanneming begin?” vra die New Catholic Encyclopedia. Hy antwoord: “Miskien moet ons nie probeer om ’n te presiese onderskeid te maak nie, want ons het hier te doen met iets wat in die vroeë Kerk een rite was.” Ja, in die eerste eeu was doop die “een rite” wat volle lidmaatskap aan die Christengemeente meegebring het.—Handelinge 2:41, 42.

Is die aannemingseremonie met sy handoplegging nodig voor ’n mens die heilige gees kan ontvang? Nee. In die vroeë Christengemeente het die handoplegging wat op die doop gevolg het gewoonlik op spesiale aanwysings gedui of wonderdadige gawes van die gees verleen. Hierdie gawes het met die dood van die apostels tot niet gegaan (1 Korinthiërs 13:1, 8-10). En handoplegging word dikwels, nie met waterdoop nie, maar met spesifieke take verbind wat in verband met die Christelike sendingbedrywigheid verrig moes word (Handelinge 6:1-6; 13:1-3). Die gedagte dat aanneming sulke apostoliese handoplegging voortsit en dat dit, soos Basics of the Faith: A Catholic Catechism sê, ’n “sakrament is wat ’n mens so volkome verander dat dit slegs een keer ontvang kan word”, word dus by nadere ondersoek verkeerd bewys.

Die apostel Paulus het teen die afwyking van basiese Bybelwaarheid gewaarsku: “Die tyd sal beslis kom dat mense onvergenoeg sal wees met die gesonde leer, die jongste nuwigheid sal aanhang . . . en dan, in plaas van na die waarheid te luister, sal hulle hul tot mites wend” (2 Timotheüs 4:3, 4, The Jerusalem Bible). Tog voer diegene wat in die rite van aanneming glo twee skriftuurlike voorbeelde as bewys aan.

’n Skriftuurlike grondslag?

Die verslag wat in Handelinge 8:14-17 opgeteken is, word dikwels as grondslag vir aanneming gebruik. Hierdie handoplegging om heilige gees te ontvang, was egter ’n unieke geleentheid. Hoe so? Die Samaritane was nie Joodse proseliete nie. Gevolglik het hulle die eerste nie-Jode geword wat by die Christengemeente gevoeg is. Toe die dissipel Filippus in Samaria gepreek het, is baie Samaritane “gedoop, manne sowel as vroue”, maar hulle het nie dadelik die heilige gees ontvang nie (Handelinge 8:12). Waarom nie?

Onthou dat dit aan Petrus was dat Christus Jesus “die sleutels van die koninkryk” toevertrou het—die voorreg om die eerste een te wees om die geleentheid om in “die koninkryk van die hemele” in te gaan aan verskillende groepe bekeerlinge te bied (Mattheüs 16:19). Daarom was dit eers ná Petrus en Johannes na Samaria gegaan het en hulle hande op hierdie eerste nie-Joodse dissipels gelê het dat heilige gees op hulle uitgestort is as teken van hulle toekomstige lidmaatskap aan “die koninkryk van die hemele”.

Party mense sien in Handelinge 19:1-6 die bewys dat vroeë Christene ’n aparte rite gehad het wat op die doop gevolg het. In hierdie geval is dit egter duidelik dat die heilige gees van party dissipels in die stad Efese weerhou is omdat hierdie nuwe gelowiges “met die doop van Johannes”, wat nie meer geldig was nie, gedoop is. (Sien ook Handelinge 18:24-26.) Toe dit aan hulle verduidelik is, is hulle gou “gedoop in die Naam van die Here Jesus”. En in hierdie geval het die apostel Paulus hulle “die hande opgelê” sodat hulle van die wonderdadige gawes van God se heilige gees sou ontvang en as God se geestelike seuns aangeneem word.—Romeine 8:15, 16.

Van hierdie verslae sê die New Dictionary of Theology: “Daar is geen aanduiding dat hierdie gebeurtenisse regstreeks met mekaar verband hou nie, en selfs al sou hulle die een of ander presedent verskaf, is dit te betwyfel of hulle, soos waterdoop, as normatief vir Christelike inwyding beskou kan word. . . . In die Handelinge van die Apostels is daar baie voorbeelde van die gebruik van waterdoop sonder die daaropvolgende handoplegging (sodat hierdie voorbeelde in werklikheid as uitsonderings voorkom).” Ja, hierdie dade was buitengewone dade wat deur buitengewone omstandighede genoodsaak is.

“Die rite wat ‘aanneming’ genoem word”, sluit die New Dictionary of Theology af, “het ’n ‘rite op soek na ’n teologie’ geword.” Dit is in werklikheid ’n onskriftuurlike ritueel, ’n produk van verkeerde leringe en definitief nie ’n vereiste vir Christene nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel