Is alkoholisme oorerflik?
Volgens ’n studie waaroor The Journal of the American Medical Association verslag gedoen het, spekuleer wetenskaplikes dat party mense die geneigdheid tot alkoholisme dalk deur ’n spesifieke geen erf. Dit beweer dat hulle ’n geen uitgewys het wat mense in gevaar stel om alkoholiste te word. Maar wetenskaplikes waarsku dat geen enkele geen tot alkoholisme lei nie. Die hoof van die navorsingspan het gesê: “Die goeie Vader het nie ’n alkoholiese geen gemaak nie, maar een wat blykbaar by plesiersoekende gedrag betrokke is.”
Die verslag het vervolg: “Die navorsers het gesê daar is nie een geen, met inbegrip van hierdie een, wat vir alle vorme van alkoholisme verantwoordelik is nie. Party mense met die geen wat bestudeer is, het nie alkoholiste geword nie, terwyl party wat nie die geen gehad het nie wel alkoholiste geword het . . . Maatskaplike en kulturele faktore kan die beproewing vir baie alkoholiste laat begin.”