Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g92 2/8 bl. 31
  • Bergklim op die maklike manier

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bergklim op die maklike manier
  • Ontwaak!—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Utah se merkwaardige kabelspoor
    Ontwaak!—1993
  • Die lewe bo die wolke
    Ontwaak!—2004
  • Berge—meesterstukke in die skepping
    Ontwaak!—1994
  • Welkom by die Copper-canyon
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ontwaak!—1992
g92 2/8 bl. 31

Bergklim op die maklike manier

ONS kabelkar moes soos ’n spinnekoppie gelyk het wat stadig teen ’n enkele sydraad opklim. Eintlik het ons ’n berg op die maklike manier geklim—deur met die langste kabelspoor in die wêreld te ry.

Die 4,3 kilometer lange kabelspoor klim op na die Sandia-spits, wat majestueus bo die woestynstad Albuquerque, Nieu-Mexiko, VSA, uittoring. By die onderpunt van die kabelspoor, wat op ’n hoogte van 1980 meter is, het ons in ’n stewige kajuit ingeklim wat tot 60 mense kan dra. Terwyl die kajuit gestyg het, het dit gevoel asof ons teen die manjifieke agtergrond van rugraniethange krimp. Op party plekke het ons 460 meter bo die vloer van die canyon gehang.

Skaars 20 minute later het ons by die uitkykdek aangekom wat 3163 meter bo seevlak is, en die uitsig was duiselingwekkend. ’n Gebied van 28 500 vierkante kilometer het voor ons oë uitgestrek. Was dit die geweldige hoogte wat ons harte so vinnig laat klop het, of was dit die aangrypende panorama? Dit was moeilik om te sê.

Ons het later gehoor dat die konstruksie van die kabelspoor na Sandia-spits ’n ingenieursprestasie was. Op baie plekke was dit bykans onmoontlik om die bergterrein oor te steek. Daarom het die bouers besluit om helikopters as pakperde te gebruik. Hulle het alles met die helikopters opgelig, van staalbalke tot beton. Twee torings is vir die kabels opgerig, een 71 meter hoog en die ander 24 meter hoog. Dit het absolute noukeurigheid vereis om die stewige fondamente van hierdie torings te lê en hulle behoorlik in lyn op te rig. ’n Uitgebreide remstelsel is geïnstalleer om veiligheid te verseker. Die projek wat 24 maande geduur het, is in die lente van 1966 voltooi.

Na ons rit het ons weer na die toringhoë spits gekyk waarheen ons kort vantevore opgeklim het en waarvandaan ons neergedaal het. Hoe ontsagwekkend is daardie berge tog nie! Hoe opwindend is dit en hoe nederig laat dit ons voel as ons dink aan die Skepper daarvan, die Een wat berge met ’n weegskaal weeg! (Jesaja 40:12).—Bygedra.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel