Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 1/8 bl. 31
  • Waarom breek houtkappers nie hulle nek nie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom breek houtkappers nie hulle nek nie?
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Die speg se skokabsorberende kop
    Ontwaak!—2012
  • Die mens—’n wonder
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2012
  • Hoe uniek is jy tog!
    Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 1/8 bl. 31

Waarom breek houtkappers nie hulle nek nie?

HET jy al ooit gehoor hoe ’n houtkapper ’n gat in ’n boom kap? Aangesien daar wêreldwyd ongeveer 200 houtkappersoorte is, het jy seker al hulle aanhoudende gekap gehoor wat soos ’n masjiengeweer klink. Toe ek een gesien het wat lustig aan ’n boomstam gekap het, het dit my laat wonder: ‘Waarom breek hy nie sy nek of beskadig hy nie sy brein nie?’ As ons as mense so woes te kere sou gaan, sou ons die hulp van ’n chiropraktisyn of breinchirurg nodig hê! Wat is dus die geheim?

Neem as voorbeeld die rooipensspeg wat in die oostelike helfte van die Verenigde State aangetref word. Die Book of North American Birds sê: “Met sy swaar, beitelvormige snawel pik hy insekte onder die bas van bome uit, hy pik gate om kewers wat in hout boor by te kom en kap stukke hout uit om ’n gat vir sy nes te grawe.” Hoe beskerm hy hom teen houtpoeier? “Hiervoor kom ’n klein lagie fyn, borselagtige veertjies wat sy neusgate bedek goed te pas.”

En wat van die kop wat so gestamp word? “Om breinskade te voorkom . . . , dien ’n sterk nek, ’n dik skedel en ’n beskermende ruimte tussen die taai, buitenste membraan en die brein self as spesiale beskermers.”

’n Ander houtkapper, die geelpensspeg, kap netjiese rye gate in die bas, waaruit hy die sap suig. Anders as die rooipensspeg, wat ’n ongelooflike lang, silindervormige tong met ’n punt het om insekte te deurboor, het die geelpensspeg ’n korter tong met fyn haartjies daarop om die sap te help oplek.

So ’n uitstekende verskeidenheid ontwerpe getuig ongetwyfeld van ’n Ontwerper, Jehovah God. Ons moet in nederigheid die woorde van Job ons eie maak: “Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.” En Dawid het geskryf: “Wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.”—Job 42:2; Psalm 139:14.

[Foto-erkennings op bladsy 31]

Leonard Lee Rue, 111/ H. Armstrong Roberts

Left: H. Armstrong Roberts

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel