Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g94 12/8 bl. 3
  • Die najaging van materiële welvaart

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die najaging van materiële welvaart
  • Ontwaak!—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Kan materiële welvaart geluk waarborg?
    Ontwaak!—1994
  • Is jy vergenoeg met wat jy het?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Ware voorspoed in God se nuwe wêreld
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Seën God ons met rykdom?
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Ontwaak!—1994
g94 12/8 bl. 3

Die najaging van materiële welvaart

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN TAIWAN

‘GELD kan nie geluk koop nie!’ Hoewel die meeste mense in meerdere of mindere mate met daardie gesegde saamstem, jaag baie van hulle steeds onversetlik materiële rykdom na as ’n weg na ’n gelukkiger lewe. En waarom nie? Dit lyk per slot van rekening of die oplossing vir soveel van die mensdom se probleme van materiële welslae en welvaart afhang.

Dink net hoe anders die wêreld sou wees as elke man, vrou en kind ’n lewe van materiële welvaart geniet het! Die vernedering en lyding van die miljoene wat in die wêreld se krotbuurte en ghetto’s woon, sou tot die verlede behoort. Ook die probleem van haweloosheid wat elke nasie, ryk sowel as arm, nou teister, sou tot die verlede behoort.

En wat van goeie gesondheid, wat so onontbeerlik vir geluk is? Hoewel die mediese wetenskap vinnig vooruitgang maak, vind al hoe meer mense uit dat hulle die dienste daarvan nie kan bekostig nie. Daarenteen is daar steeds miljoene wat elke dag honger ly en ondervoed is. As welvaart wêreldwyd geheers het, sou elkeen ’n gesonder, en dus ’n gelukkiger, lewe kon lei—nie waar nie?

Die aarde self sou ook daarby baat vind. Hoe? Die aarde se omgewing word nou deur dodelike besoedelstowwe vernietig wat deels die gevolg van die verbranding van fossielbrandstowwe is. Maar een rede wat aangegee word vir die versuim om die tegnologie toe te pas wat nodig is om skoner vorme van energie te benut, is dat dit te duur is. Die vernietiging van die reënwoude, nog ’n ernstige ekologiese gevaar, word ook grotendeels aan ekonomiese faktore toegeskryf.

Aangesien dit lyk of materiële welvaart soveel van ons probleme kan oplos en soveel lyding kan verlig, is dit geen wonder dat mense rykdom lank reeds met geluk vereenselwig nie. Terwyl Westerlinge mekaar byvoorbeeld op Nuwejaarsdag gewoonlik ’n “Gelukkige Nuwejaar!” toewens, is dit onder Chinese gebruiklik om gedurende die viering van die nuwe maanjaar vir mekaar “Kung hsi fa tsai” te sê, waarmee hulle die hoop uitspreek dat hulle ‘gou ryk sal word!’ Ja, ons lewe ongetwyfeld in ’n wêreld waarin die najaging van materiële welvaart vir mense baie belangrik, indien nie dié belangrikste nie, geword het. Welslae of mislukking word dikwels volgens ’n materiële maatstaf gemeet.

Kan die verkryging en genieting van materiële dinge, hoewel dit op sigself nie noodwendig verkeerd is nie, geluk waarborg? Hoeveel waarde moet ’n mens daaraan heg? Is materiële welvaart werklik die sleutel tot ’n beter wêreld?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel