Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 7/22 bl. 9
  • Oorwinning in die stryd teen rampe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Oorwinning in die stryd teen rampe
  • Ontwaak!—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sê die Bybel oor natuurrampe?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Natuurrampe—Waarom so algemeen?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Natuurrampe—Is God daarvoor verantwoordelik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Gebruik God natuurrampe om mense te straf?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Ontwaak!—1995
g95 7/22 bl. 9

Oorwinning in die stryd teen rampe

DIE pogings van die Verenigde Nasies en van individuele regerings om die gevolge van natuurrampe te verminder, is beslis prysenswaardig. Projekte soos die Internasionale Dekade vir Natuurrampbekamping toon dat die mensdom nie hulpeloos hoef te wees wanneer hulle voor sulke rampe te staan kom nie. As individue, gemeenskappe en regerings gepas optree, kan lewens gered word.

Dit is baie interessant, want die Bybel vertel ons dat daar binnekort ’n verandering in regeringstoesig oor die mensdom sal wees. Sedert Jesus se tyd bid Christene die Gebed van die Here (die “Onse Vader”) wat die uitdrukking insluit: “Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde” (Matteus 6:9, 10). God se Koninkryk is ’n werklike regering. Volgens Bybelprofesieë gaan dit binnekort alle menslike “koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan” (Daniël 2:44). Stel jou die hele mensdom onder een volmaakte regering voor.

Wat ’n verandering sal dit tog wees!

As hedendaagse regerings die behoefte daaraan sien om stappe te doen sodat potensiële rampe nie natuurrampe word nie, kan ons vol vertroue wees dat God se regering sal sorg dat sy onderdane nooit op hierdie manier sal ly nie. God se Koninkryk sal vir die eerste keer sedert Kain vir Abel doodgemaak het blywende vrede op hierdie planeet tot stand bring. Onder daardie Koninkryk ‘sal die ootmoediges die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede’ (Psalm 37:11). Die Koninkryk sal die mensdom opvoed sodat alle mense op ’n baie werklike manier ‘deur Jehovah geleer sal word, en hulle vrede oorvloedig sal wees’.—Jesaja 54:13.

Vandag is die meeste slagoffers van natuurrampe arm mense. Maar met volmaakte toesig en behoorlike opvoeding sal die mensdom onder God se Koninkryk nie meer die smart van armoede verduur nie. Toe die profeet Jesaja hierdie toestande voorspel het op ’n manier wat die mense van sy tyd sou verstaan, het hy geskryf: “Die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ’n maaltyd van vetspyse, ’n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn” (Jesaja 25:6). Ja, ’n feesmaal van goeie dinge! Die psalmis het die lewe onder Koninkryksheerskappy verder beskryf en gesê: “Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Libanon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!”—Psalm 72:16.

Die mens se stryd teen natuurrampe sal duidelik tot die verlede behoort. Met die leiding van God se gees en onder die toesig van God se Koninkryk sal godvresende mense die oorwinning in daardie stryd behaal. Wat ’n verligting sal dit tog wees!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel