Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 9/22 bl. 11
  • Hoe om kinders se gesondheid te beskerm

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe om kinders se gesondheid te beskerm
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Voortgesette soeke na oplossings
    Ontwaak!—2000
  • Pogings om die kinders te red
    Ontwaak!—1994
  • Kinders in ’n krisis
    Ontwaak!—1992
  • Moedersmelk bly maar die beste
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 9/22 bl. 11

Hoe om kinders se gesondheid te beskerm

’N ONLANGSE verslag deur die Verenigde Nasies-kinderfonds (UNICEF), The Progress of Nations, toon ’n aansienlike verbetering in gesondheidstoestande vir kinders in baie lande. Deur die gesamentlike pogings van regerings en internasionale organisasies het die sterftesyfer van kinders jonger as vyf jaar in ’n aantal lande afgeneem. The Progress of Nations toon nietemin ook dat nog miljoene jong lewens elke jaar deur middel van eenvoudige en goedkoop maniere gered kan word, veral in ontwikkelende lande. Ouers in hierdie en ander lande sal moontlik die volgende aanbevelings in die verslag nuttig vind.

Borsvoeding. “Borsvoeding is die heel beste begin vir goeie gesondheid en voeding”, beveel die verslag aan. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) “kan meer as ’n miljoen kinderlewens per jaar gered word as alle babas vir omtrent die eerste ses maande uitsluitlik geborsvoed word”. Aangesien hospitale en kraaminrigtings ’n betekenisvolle voorbeeld stel, bevorder UNICEF en die WGO ’n “baba-vriendelike hospitaalinisiatief”. Hulle doel is om hospitale te motiveer om moeders van pasgebore babas te ondersteun en van behoorlike raad aangaande borsvoeding te voorsien.

Higiëne en skoon water. “Die tol wat deur siekte geëis word, kan aansienlik verminder word deur veilige water, deur die gebruik van toilette, deur hande te was voor daar met kos gewerk word en deur kos veilig voor te berei en te bêre”, sê die verslag. Hoewel dit in baie gemeenskappe groot moeite verg om genoeg skoon water te kry, is dit onontbeerlik vir kinders en gesinne se gesondheid.

Voeding. Volgens die verslag kan vitamien A-aanvullings elke jaar tot driemiljoen kindersterftes voorkom. Die oplossing van die probleem is beskikbaar en bekostigbaar, sê die verslag, en kan teweeggebring word deur diëte te verbeter, voedsel te verryk of vitamien A-kapsules te versprei. Die periodieke verspreiding van vitamien A-kapsules, wat nege sent elk kos, aan jong kinders lewer reeds goeie vrugte in lande waar vitamien A-tekort algemeen is. Voedsel soos papajas, mango’s, wortels, groen blaargroentes en eiers word ook aanbeveel.

Mondelike rehidrasieterapie. UNICEF sê dat die helfte van die jaarlikse kindersterftes wat deur diarree veroorsaak word, voorkom kon word deur middel van goedkoop en maklik voorbereibare mengsels van skoon water, sout, suiker of ryspoeier.a Ouers moet ook aanhou om vir die kind kos te gee. ’n Geraamde eenmiljoen lewens word reeds jaarliks op hierdie manier gered.

[Voetnoot]

a Sien die Ontwaak! van 8 April 1995, bladsye 3-14, vir verdere inligting oor hoe om jou kinders se gesondheid te beskerm.

[Foto-erkenning op bladsy 11]

WGO

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel