Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 2/8 bl. 3
  • Beroerte!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Beroerte!
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om die gevolge daarvan die hoof te bied
    Ontwaak!—1998
  • Beroerte—die oorsaak daarvan
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1998
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 2/8 bl. 3

Beroerte!

BEROERTE is ’n hoofoorsaak van dood en chroniese gestremdheid in die Westerse nywerheidswêreld. ’n Beroerte vind baie skielik plaas en word ook as ’n “breinaanval” beskryf. Die een oomblik voel jy nog goed, en net die volgende oomblik voel jy asof jy deur ’n weerligstraal getref is—’n hewige beroerte kan jou lewe plotseling en dramaties verander. Dit kan jou op wrede wyse vermink en gebreklik maak, jou stom laat, ’n verwoestende uitwerking op jou emosies hê, jou persoonlikheid en waarnemingsvermoëns verander en jou met ’n oënskynlik eindelose stryd laat om die normale lewe wat jy en jou gesin voorheen gehad het terug te kry.

Beskou die geval van Ellen Morgan.a Woensdag was Ellen ’n gesonde, bedrywige 64-jarige. Donderdag, terwyl sy saam met haar man inkopies gedoen het, het Ellen skielik haar spraakvermoë verloor, en haar gesig het misvormd geraak. Haar liggaam het verswak, en sy het geslinger asof sy dronk was. Ellen het ’n hewige beroerte gehad!

Ná die beroerte was Ellen so gestremd dat sy nie die eenvoudigste dinge kon doen nie, soos om te bad of aan te trek. Omdat sy nie kon skryf, brei of naaldwerk kon doen nie, is sy geteister deur aanvalle van onbeheerste huilery en oorweldigende moegheid. Deur dit alles heen is Ellen se denke nie aangetas nie; maar sy het verleë gevoel wanneer sy gedink het dat ander dalk meen sy is onnosel. Ellen het later verduidelik: “Min mense besef hoe die skok van hierdie skielike verandering ’n mens emosioneel en sielkundig raak. Ek het byna gevoel asof dit die einde was van my bestaan as ’n mens.”

Wat veroorsaak ’n beroerte? Word almal wat ’n beroerte kry op dieselfde manier geraak? Hoe het dié wat hierdie siekte oorleef het dit die hoof gebied? Hoe bied die gesinne van dié wat ’n beroerte oorleef het dit die hoof? Wat kan ons almal doen om hulp te verleen? Die Ontwaak! ondersoek sulke vrae en bring jou in voeling met die lewe van dié wat ’n beroerte oorleef het en van hulle gesin wat saam met hulle die stryd voer.

[Voetnoot]

a Party name is verander ter wille van die siekes en hulle gesinne.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel