Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 10/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Beroerte—die oorsaak daarvan
    Ontwaak!—1998
  • Hoe om die gevolge daarvan die hoof te bied
    Ontwaak!—1998
  • Beroerte!
    Ontwaak!—1998
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 10/22 bl. 30

Van ons lesers

Beroertes Die reeks “Hoe om beroerte die hoof te bied” (8 Februarie 1998) was ’n antwoord op my gebed. Terwyl ek en my man ’n paar jaar gelede by ’n Christenbyeenkoms was, het hy ’n beroerte gehad. Hy het vir my ’n notatjie probeer skryf toe sy hand skielik oor die papier gegly het; sy hele regterkant is aangetas. Die artikel het vir my meer beteken as wat ek ooit kan sê. Dit is wonderlik om te weet dat Jehovah ons nie vergeet het nie.

F. S. H., Verenigde State

Net ’n paar uur voordat ek hierdie tydskrif ontvang het, het ek sonder veel sukses vir my vrou probeer verduidelik hoe ek voel, want weens my beroerte kon ek myself nie uitdruk soos ek wou nie. Ek het hierdie tydskrif al drie keer gelees. My vrou het dit ook gelees.

R. Z., Italië

My vader, wat jare lank ’n getroue kneg van Jehovah was, het verlede jaar aan ’n beroerte gesterf. Die artikel het my gehelp om sy gedrag voor sy dood te verstaan. Die verduidelikings aangaande emosionele veranderinge, sowel as waarom ’n beroerteslagoffer dit dalk moeilik vind om te kommunikeer, het my gehelp om ’n bietjie beter te verstaan wat my vader deurgemaak het.

V. C., Verenigde State

Ek het ’n jaar gelede ’n beroerte gehad en sukkel nog omdat my linkerkant swak is. Hierdie artikels sal van die raaiselagtigheid en vrees verdryf wat aan beroerte verbonde is. Dit is ’n mite dat net ou mense beroertes kry. Ek was net 47 jaar oud toe ek ’n beroerte gehad het.

A. A., Engeland

Die artikel het my baie gehelp om my dogter Lucia te verstaan, wat ’n ernstige kopbesering in ’n motorongeluk opgedoen het toe sy twee maande oud was. Sy kan nie haar gevoelens uitdruk nie. Die artikel het my egter gehelp om te verstaan waarom.

N. K., Slowakye

Ek is ’n geregistreerde verpleegster met ’n diploma in rehabilitasie en het al baie met beroerteslagoffers gewerk. Wat ek werklik omtrent hierdie artikel waardeer het, is die medelydende manier waarop dit beskryf wat die gesinne van beroerteslagoffers deurmaak.

L. C., Verenigde State

My moeder het ’n kort iskemiese aanval gehad. Uit ’n fisiese oogpunt het sy byna heeltemal herstel. Maar sy het diep sielkundige littekens. Sy was altyd sterk en vol selfvertroue, maar nou is sy uiters onseker van haarself. Dankie dat julle die aandag gevestig het op die sielkundige uitwerking wat hierdie siekte het.

R. C., Italië

Twee jaar gelede het my moeder twee beroertes gehad. Die eerste een het veroorsaak dat sy haar geheue verloor het, en ná die tweede een was sy aan haar regterkant verlam. Partykeer raak ek ongeduldig met haar en sê ek dinge wat haar hartseer maak. Julle artikel het my aangemoedig om meer begrip te toon.

R. T. S., Brasilië

Christelike verskeidenheid Ek wil julle hartlik bedank vir die artikel “Die Bybelse beskouing: Laat Christelike eenheid ruimte vir verskeidenheid?” (8 Februarie 1998). Hoe meer ek Jehovah leer ken, hoe gelukkiger voel ek dat ek aan sy organisasie behoort waarin ons ’n wye verskeidenheid persoonlikhede kan geniet.

I. P., Slowenië

Ek is 15 jaar oud en lees gereeld die Ontwaak! Ek het veral hierdie artikel waardeer. Een deel het die Paradys bespreek, asook hoe dit daar sal wees. Ek het voorheen gewonder hoe mense sal wees as hulle volmaak is en of ons almal dieselfde sal lyk en dink. Nou verstaan ek dat daar ’n verskeidenheid mense en diere sal wees.

J. C., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel