Woon ’n “God se weg”-byeenkoms in jou omgewing by!
Hierdie driedaagse byeenkomste van Jehovah se Getuies sal vanaf 11 September tot vroeg in Januarie 1999 in suidelike Afrika gehou word. Die 21 byeenkomste wat gereël is, is in Afrikaans, Engels, Gebaretaal, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu.
Moenie die talle aanmoedigende Bybeltoesprake en praktiese demonstrasies misloop nie. En kom geniet die praktiese, gekostumeerde drama met die titel “Gesinne—Maak daaglikse Bybellees deel van julle lewenswyse!” Alle sessies is gratis. Jy word ook hartlik uitgenooi om dit by te woon. Jehovah se Getuies in jou omgewing sal met graagte vir jou sê waar die byeenkoms naaste aan jou gehou sal word.
[Lokteks op bladsy 32]
As jy graag die Ontwaak! gereeld wil lees of wil hê dat iemand jou tuis moet besoek om ’n gratis tuisbybelstudie met jou te hou, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika, of na die gepaste adres op bladsy 5.