Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g99 11/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Rio de Janeiro—pragtig en vol uitdagings
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
  • ’n Boom wat sing
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—1999
g99 11/8 bl. 30

Van ons lesers

Klere Ek skryf aan julle oor die artikel “Die soort klere wat ons dra—Maak dit werklik saak?” (8 Februarie 1999). Ek waardeer die werk wat julle doen om ons van “voedsel op die regte tyd” te voorsien (Matteus 24:45). Maar dit het gelyk of sommige van die opmerkings in die artikel persoonlike menings was. Dit is ongevraag om te skryf dat ‘T-hemde wat jou geliefkoosde rolprent- of sportster adverteer jou by heldeverering—afgodediens—betrokke kan laat raak’. Dit is moontlik om van ’n atleet te hou, en hom selfs te bewonder, sonder om enige Bybelgebod te oortree.

M. D., Frankryk

Ons waardeer hierdie eerlike opmerkings, maar dit was nie ons bedoeling om reëls neer te lê of vereistes vir kleredrag vas te stel nie. Ons artikel het lesers aangemoedig om “gesonde verstand” aan die dag te lê wanneer hulle hulle eie keuses in verband met kleredrag maak (1 Timoteus 2:9, 10). Die opmerking oor T-hemde was nie dogmaties nie, maar het die moontlikheid erken dat iemand wat sekere style dra homself kan benadeel. Hoewel daar dalk niks mee verkeerd is om iemand se vaardigheid of talent te bewonder nie, moet ’n mens jou afvra of dit vir ’n Christen wys sou wees om iets te dra wat ander die indruk kan gee dat hy die lewenstyl en sedes bewonder van iemand wat nie volgens Bybelstandaarde lewe nie.—RED.

Ballingskap in Siberië Die verbasende verhaal van Lembit Toom, “’n Halfeeu onder totalitêre tirannie” (22 Februarie 1999), het my so diep getref dat ek nie kon wag om vir julle te sê hoeveel ek dit waardeer het nie. Hy moes besonderse geloof in Jehovah God gehad het om sulke moeilike omstandighede te kon oorleef. Die nuwe vryheid wat ons broers in die voormalige Sowjetunie ondervind, is welverdiend.

J. D., Verenigde State

’n Boom wat sing Baie, baie dankie vir die natuurartikels wat julle publiseer. Ek het veral die artikel “’n Boom wat sing” (8 Maart 1999) geniet. Ek het niks van die fluitjiesdoring geweet nie. Nadat ek gelees het van die melodie wat dit voortbring wanneer die lang dorings en hol knoppe in die wind vibreer, het ek oor Psalm 96:12, 13 nagedink: “Al die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE.” Hierdie buitengewone boom loof Jehovah op sy eie manier.

M. D., Italië

Rio de Janeiro As ’n Carioca, ’n inwoner van Rio, het ek baie van julle artikel “Rio de Janeiro—pragtig en vol uitdagings” (8 Maart 1999) gehou en dit ook leersaam gevind. Rio se beeld het baie in die sensasiepers gely.

O. D. C., Brasilië

Soos gewoonlik het julle julle inligting sorgvuldig voorberei. Julle het nie ’n bevooroordeelde beskouing van die armes, wat dikwels die skuld vir Rio se maatskaplike probleme kry, voorgehou nie.

V. R. L., Brasilië

Brief aan ouers Die artikel “’n Spesiale brief aan hulle ouers” (8 Maart 1999) was baie aanmoedigend vir my. Dit was wat ek aan my eie ouers moes geskryf het. Hulle het ’n goeie voorbeeld daarin gestel om Christelike vergaderinge by te woon, gereeld aan die bediening deel te neem en gasvryheid te betoon. My pa was ’n bedieningskneg; hy moes baie besig gewees het met gemeentelike verantwoordelikhede. En tog het hy dikwels ontspanning vir ons gereël, en ons was nooit jaloers op ons skoolmaats nie. Hy het ná ’n Christelike byeenkoms op pad huis toe in ’n motorongeluk gesterf, en ons lewe het drasties verander. Maar wanneer ek dink aan sy lewenswyse waarin hy altyd die Koninkryk eerste gestel het, en aan my ma se geloof, help dit my om voort te gaan om Jehovah te dien.

S. K., Japan

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel