Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g00 3/22 bl. 10
  • Wanneer liefde blind is

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wanneer liefde blind is
  • Ontwaak!—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Die oog van die mot
    Ontwaak!—2010
  • Die pragtige mot
    Ontwaak!—2001
  • Die merkwaardige gehoor van die grootwasmot
    Ontwaak!—2015
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ontwaak!—2000
g00 3/22 bl. 10

Wanneer liefde blind is

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN SPANJE

VERBEEL jou hoe dit moet wees om ’n bruid te vind as jy baie bysiende is en as geskikte nooiens net ná sononder uitkom. Dit is die lot van die manlike pouoogmot. Maar hierdie sierlike insek het sekere eienskappe wat hierdie gedugte uitdaging makliker maak.

Gedurende die somermaande bring ons voornemende minnaar sy dae deur as ’n vet ruspe wat al die kos verorber wat hy in die hande kan kry. Wanneer hy dan die volgende lente uit sy papie kom, het die pragtige mot genoeg kos gestoor om hom gedurende sy kort lewe te onderhou.

Met die kosprobleme afgehandel, kan die pouoogmot hom toespits op die taak om ’n maat te vind. Maar as dit nie was vir ’n nuttige hulpmiddel wat hy saam met hom dra nie, sou die taak om ’n wyfie in die maanlig te vind so moeilik wees soos om ’n naald in ’n hooimied te vind.

Daar is twee spriete op die mot se kop wat soos fyn varingtakkies lyk. Hierdie piepklein draadjies is heel moontlik die ingewikkeldste reukopsporingstoestelletjies op aarde. Daarbenewens is hulle fyn ingestel om net ’n tikkie van ’n feromoon, of “parfuum”, waar te neem, wat die wyfiemot vriendelik genoeg afskei.

Hoewel die wyfies maar dun gesaai is, dien hulle kragtige feromoon as ’n soort reuksein. Die motmannetjies se spriete is so gevoelig dat hulle ’n wyfie byna 11 kilometer daarvandaan kan opspoor. So word al die struikelblokke uiteindelik uit die weg geruim en kan die kêrel oplaas sy nooi ontmoet. Liefde kan bekostig om blind te wees in die insekwêreld—ten minste in hierdie geval.

God se skeppingswerke is vol fassinerende besonderhede en buitengewone ontwerpe soos hierdie! Die psalmis het geskryf: “Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak.”—Psalm 104:24.

[Foto-erkenning op bladsy 10]

© A. R. Pittaway

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel