Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 3/15 bl. 16
  • Die merkwaardige gehoor van die grootwasmot

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die merkwaardige gehoor van die grootwasmot
  • Ontwaak!—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer liefde blind is
    Ontwaak!—2000
  • Die oog van die mot
    Ontwaak!—2010
  • Die pragtige mot
    Ontwaak!—2001
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2015
Sien nog
Ontwaak!—2015
g 3/15 bl. 16
’n Grootwasmot

IS DIT ONTWERP?

Die merkwaardige gehoor van die grootwasmot

DIE grootwasmot se vermoë om klanke van hoë frekwensies te hoor, is beter as dié van enige ander dier in die wêreld. Tog het sy ore, wat elkeen die grote van ’n speldekop is, ’n baie eenvoudige struktuur.

Dink hieraan: Die grootwasmot se gehoor word al jare lank bestudeer. Wetenskaplikes van die Universiteit van Strathclyde, Skotland, het die mot se gehoor onlangs met klanke van ’n wye verskeidenheid frekwensies getoets. Hulle het die vibrasies van die mot se gehoorvliese gemeet en die aktiwiteit van hulle gehoorsenuwees opgeteken. Die “oordromme” het nog steeds gevibreer toe dit aan klanke met ’n frekwensie van 300 kilohertz blootgestel is. In vergelyking hiermee is daar opgeteken dat vlermuise klanke van tot 212 kilohertz tydens eggo-opsporing kan hoor, dolfyne klanke van tot 160 kilohertz kan hoor en mense nie klanke van hoër as 20 kilohertz kan hoor nie.

Navorsers wil graag die uitstekende hoorvermoë van die grootwasmot as die grondslag vir nuwe tegnologie gebruik. Hoe? “Om beter en kleiner mikrofone te maak”, sê dr. James Windmill van die Universiteit van Strathclyde. “Dit kan in ’n groot verskeidenheid toestelle, soos selfone en gehoortoestelle, gebruik word.”

Wat dink jy? Het die uitstekende gehoor van die grootwasmot deur middel van evolusie ontstaan? Of is dit ontwerp?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel