Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 1/8 bl. 23
  • Het jy al ’n Xoloitzcuintli gesien?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het jy al ’n Xoloitzcuintli gesien?
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Is kinders veilig by jou hond?
    Ontwaak!—1997
  • Hoe om jou hond op te lei
    Ontwaak!—2004
  • Die hond se reuksintuig
    Is dit ontwerp?
  • Diere—’n Gawe van God
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 1/8 bl. 23

Het jy al ’n Xoloitzcuintli gesien?

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN MEXIKO

DIE eerste keer wat ek aan ’n Xoloitzcuintlia—kortweg Xolo—geraak het, was ek verbaas. Sy swart, haarlose lyf het so sag en warm gevoel! Hierdie kampioenskouhond het grasieus agter sy eienaar gestap en ons ’n geleentheid gebied om sy slanke lyf te bewonder, versier met ’n wit stertpunt wat soos ’n verfkwas lyk en ’n skerp kontras met sy gladde swart lyf vorm!

Voor die aankoms van die Spanjaarde in Mesoamerika, is daar groot waarde aan honde as troeteldiere geheg. Party is saam met hulle eienaars begrawe as ‘metgeselle in die hiernamaals’. Xolo’s het ’n spesiale plek in die gemeenskap gehad. Daar is geglo dat hulle geneeskundige waarde het. Ja, dit het gelyk asof fisiese aanraking met hierdie warm, klein metgesel diegene met rumatiek help. ’n Xolo kon natuurlik ook jou voete op ’n koue aand warm hou!

Vandag vind baie mense dat die Xolo ’n ideale troeteldier is. Soos baie ander rasse kan die Xolo geleer word en verskil hulle in grootte—daar is selfs ’n miniatuurhond. Geen hare beteken bowenal geen vlooie nie, en die Xolo is ’n ideale keuse vir diegene wat allergies is vir hondehare. Dit is nogal maklik om vir ’n Xolo te sorg. Om die hond se vel sag te hou, is dit nodig om dit af en toe met ’n bietjie velroom of olie in te vryf. Miguel Ángel Moreno, ’n teler, wys op nog ’n voordeel van die Xolo: “Dit neem net een minuut om die hond te bad”, sê hy, “en twee om hom droog te maak.” Wat van die Xolo se geneeskundige waarde? Selfs vandag nog sê party dat hulle rumatiekpyn verlig word as hulle ’n Xolo teen die aangetaste liggaamsdeel hou. Moreno glo egter dat die Xolo bloot so doeltreffend “soos ’n warmwatersak is”.b

Nie lank gelede nie is die Xolo as ’n bedreigde spesie beskou, maar daar is baie gedoen om hierdie dier van uitwissing te red. Vandag word Xolo’s nie net in Mexiko gevind nie, maar ook in ander lande, soos Peru en die Verenigde State. Sal jy dus graag ’n Xoloitzcuintli wil sien? As dit wel gebeur, sal jy hierdie unieke hond nie gou vergeet nie.

[Voetnote]

a Word as sou·lou·iets·kwientʹlie uitgespreek.

b Die Xolo se temperatuur is nie werklik veel hoër as enige ander hond s’n nie, maar omdat hy nie hare het nie, voel hy warmer wanneer jy aan hom raak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel