Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 8/22 bl. 3
  • ’n Traumatiese aanval

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Traumatiese aanval
  • Ontwaak!—2001
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Gelukkige einde?
  • Posttraumatiese stres—Wat is dit?
    Ontwaak!—2001
  • Vasbeslote om Jehovah te dien!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
  • Die “nuwe” grootouers
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 8/22 bl. 3

’n Traumatiese aanval

“Ek het ’n mes! Hou jou mond, of ek maak jou dood!”

DIT was ’n heerlike somermiddag, en die 17-jarige Jane,a een van Jehovah se Getuies, het in ’n park in Virginië, VSA, gerolskaats. Skielik het die park verlate gelyk, en sy het besluit om te gaan. Toe sy naby haar gesin se minibus gaan sit om haar rolskaatse uit te trek, het ’n vreemdeling haar genader. Met die skrikaanjaende woorde hierbo het hy geëis dat Jane seks met hom moet hê, haar gegryp en haar in die minibus probeer instoot. Sy het so hard geskreeu soos sy kon, maar dit het nie haar aanvaller afgeskrik nie.

“Ek het heeltemal magteloos gevoel”, het Jane later gesê. “Soos ’n mier teen ’n reus. Maar ek het aangehou skreeu en spartel. Uiteindelik het ek tot God uitgeroep: ‘Jehovah, moet asseblief nie toelaat dat dit met my gebeur nie!’” Dit het die aanvaller blykbaar laat skrik, wat haar skielik gelos en weggevlug het.

Toe die aanvaller wat haar wou verkrag, in sy motor klim, het Jane haar bewend in haar minibus toegesluit. Sy het die selfoon gegryp en haarself gedwing om kalm te bly. Sy het die polisie gebel en ’n juiste beskrywing van die verdagte se motor en sy registrasienommer gegee, wat daartoe gelei het dat hy binne minute in hegtenis geneem is.

’n Gelukkige einde?

Ja, maar nie onmiddellik nie. Jane se beproewing het maar net begin. Hoewel die polisie en die koerante haar helder denke en vinnige optrede ná die aanval geprys het, het Jane se verstand alles behalwe helder gevoel nadat die aanvanklike skok weggegaan het. “Ná ’n paar weke het ek emosionele probleme begin ondervind”, vertel sy. “My liggaam was heeltyd in ’n toestand van paniek sodat ek nie kon slaap nie. Ná ’n paar weke hiervan kon ek nie studeer of konsentreer nie. Ek het ook paniekaanvalle gekry. Ek het byna histeries geword toe ’n skoolvriend wat ’n bietjie soos die aanvaller lyk, my op die skouer getik het om te vra hoe laat dit is.”

Sy sê: “Ek het so ellendig gevoel. Ek het kontak verloor met my vriende, en die eensaamheid het net tot die depressie bygedra. Ek het myself vir die aanval blameer, en ek was hartseer omdat ek nie soos vroeër die gelukkige mens was wat kon vertrou nie. Dit het vir my gevoel asof daardie persoon gesterf het.”

Jane het van die kenmerkende simptome van posttraumatiese stresversteuring (PTSV) gehad. Wat is PTSV, en wat kan gedoen word om mense te help wat die verpletterende simptome daarvan het? Die volgende artikel sal hierdie vrae beantwoord.

[Voetnoot]

a Die naam is verander.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel