Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 11/22 bl. 10-11
  • Wat hou die toekoms in?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat hou die toekoms in?
  • Ontwaak!—2001
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat word gedoen?
  • Fundamentele veranderinge is nodig
  • Die algehele beskerming van biodiversiteit
  • Wie sal die wêreld van kos voorsien?
    Ontwaak!—2001
  • Die komplekse web van die lewe
    Ontwaak!—2001
  • Is die mens besig om sy kosvoorraad te vernietig?
    Ontwaak!—2001
  • Kan die aarde se spesies gered word?
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 11/22 bl. 10-11

Wat hou die toekoms in?

DIE mens maak maar net deel uit van die groter geheel. Alle skepsele op aarde het hulle plek, volgens hulle godgegewe rol. Daar is baie dinge wat ons met die lewensvorme om ons deel—bowenal die wonder van die lewe. Daarom kan baie mense nie anders as om ’n geweldige verlies te voel wanneer ’n lewensvorm uitsterf nie.

Die wetenskaplike Anthony C. Janetos het in die tydskrif Consequences gesê: “Baie mense sal saamstem dat ons as ’n gemeenskap die etiese verantwoordelikheid het om die bewoonbaarheid van die planeet te beskerm en as verantwoordelike bestuurders van die biologiese rykdom daarvan moet optree vir die huidige en toekomstige welsyn van die mensespesie. Om dit te kan doen, moet ons die waarde van biodiversiteit waardeer—nie net wat dit vir die sigbare wêreld voorsien nie, maar ook hoe ons dit kan gebruik—en moet ons verplig voel om dit te bewaar.”

Wat word gedoen?

Wêreldwye besorgdheid oor die verlies aan lewende hulpbronne het verteenwoordigers van regerings en ander instellings saamgebring om ’n Konvensie oor Biologiese Diversiteit op te stel. Hierdie omvattende ooreenkoms erken dat die bewaring van biodiversiteit alle mense raak.

As ’n verdere stap om biodiversiteit te verstaan, het bioloë, ekoloë en ander wetenskaplikes regoor die wêreld 2001-2 ’n Internasionale Jaar vir Biodiversiteitswaarneming (IBOY) verklaar. Diana Wall, ’n bioloog aan die Colorado-staatsuniversiteit en die voorsitter van die IBOY, sê: “Die studie van biodiversiteit sal baie voordele inhou omdat dit sal lei tot die ontdekking van nuwe gene en chemiese stowwe wat gebruik kan word vir geneesmiddels, om oeste te verbeter of om besoedelde grond te herstel.” Wall sê verder: “Selfs belangriker, om uit te vind waar nuwe spesies is, watter rol hulle in die handhawing van gesonde ekosisteme speel en hoe ons hulle kan bewaar, is noodsaaklik om ingeligte besluite oor ons grond, riviere en oseane te neem.”

Fundamentele veranderinge is nodig

Hoewel prysenswaardige vordering al gemaak is, is sulke pogings hoofsaaklik op simptome pleks van die oorsake gerig. Volgens navorsers kan die mens dit nie op hierdie stadium bekostig om tyd te verspil nie. Terwyl Ruth Patrick, van die Akademie vir Natuurwetenskappe van Philadelphia, Pennsilvanië, VSA, nagedink het oor wat sy “die potensiële uitputting van biodiversiteit” genoem het, het sy tot die gevolgtrekking gekom dat “iets nóú gedoen moet word . . . Beslissende en dringende optrede is van die allergrootste belang.” Om die uitsterwingskrisis te beëindig, moet die manier waarop die mens hierdie planeet en die lewensvorme daarop behandel, dringend verander. Meer as skadebeheer is nodig. “Die probleme in verband met die bewaring van biologiese diversiteit gaan gevolglik hand aan hand met die groter kwessies van maatskaplike . . . ontwikkeling”, sê die Wêreldhulpbroninstituut.

Om hierdie doel te bereik, sal niks minder verg as ’n fundamentele verandering in die mensegemeenskap nie. Die boek Caring for the Earth erken dat ons vir verantwoordelike bestuurderskap “waardes, ekonomieë en gemeenskappe [nodig het] wat anders is as die meeste wat vandag bestaan”.

Die Bybel toon duidelik dat mense eenvoudig nie in staat is om sulke veranderinge teweeg te bring nie. Jeremia 10:23 sê: “Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan ’n man om te loop en sy voetstappe te rig nie” (Spreuke 20:24). Hierdie feit is beslis deur die verloop van die geskiedenis heen bevestig, en omdat die mens hierdie beginsel geïgnoreer het, ondervind ons nou die ‘kritieke tye wat moeilik is om deur te kom’ waarvan daar in 2 Timoteus 3:1-5 gepraat word. Hierdie verse toon ook vir ons dat die kritieke tye veroorsaak word deur die verkeerde denke van mense. Totdat mense verander, is enige oplossings vir die probleme waarvoor ons te staan kom dus net tydelik.

Die wêreldberoemde wetenskaplike dr. Jane Goodall het in ’n onderhoud gesê dat die vernietiging van habitats “dikwels gepaardgaan met ekonomiese hebsug en materialisme in die ontwikkelde wêreld”. En die plantkundige Peter Raven, die voormalige sekretaris van die Amerikaanse Nasionale Akademie vir Wetenskappe, het gewaarsku dat “onkunde, onverskilligheid, armoede en hebsug onderling verbonde probleme veroorsaak wat dreig om die Aarde drasties ten kwade te verander”. Party van die waardes wat dus moet verander, is selfsug, hebsug, onkunde, kortsigtigheid en egotisme.

Die algehele beskerming van biodiversiteit

Dit is te verstane dat die Skepper van die ongelooflike verskeidenheid lewensvorme intens belangstel in die toekoms van sy skepping. Die Bybel sê vir ons dat God binnekort gaan optree deur “die verderwers van die aarde te verderf”.—Openbaring 11:18.

Sal God lewensvorme terugbring wat uitgesterf het weens die mens se verderwing van die aarde? As dit die Skepper se wil is dat uitgestorwe diersoorte weer op die aarde moet verskyn, kan hy hulle sekerlik in die toekoms herskep. Dieselfde geld vir uitgestorwe plante. Maar aangesien die Bybel nie vir ons sê nie, sal dit nie wys wees om daaroor te spekuleer nie.

Wat God se heerskappy wel waarborg, is ’n seën vir alles wat op aarde lewe. “Laat . . . die aarde juig”, sê die psalmis. “Laat die see en sy volheid bruis. Laat die veld juig en al wat daarin is; dan sal al die bome van die bos jubel.”—Psalm 96:11, 12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel