Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 5/8 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Die merkwaardige Maja-kalender
    Ontwaak!—2005
  • Die Majas—Destyds en vandag
    Ontwaak!—2001
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 5/8 bl. 30

Van ons lesers

Kommer Ek wil dankie sê vir die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek ophou om my so baie te bekommer?” (22 September 2001). Ek is 17 jaar oud en wonder elke dag hoe my lewe gaan wees wanneer ek met hoërskool klaar is. Ek probeer stilbly oor my bekommernisse omdat ek nie ander daarmee wil opsaal nie; daarom ly ek maar in die stilligheid. Die artikel het my gehelp om te sien hoe nuttig dit is om met my ma en met volwasse mense in die gemeente te praat.

L. R., Verenigde State

Ek is 17 jaar oud. Ek bekommer my dikwels oor my ma se gesondheid, my skoolwerk en huishoudelike take. By Christelike vergaderinge pomp my ma my altyd in die ribbes wanneer daar raad gegee word oor bekommernis. Ek waardeer dus die praktiese wenke in die artikel om prioriteite te stel wat my tyd betref en ook om onaangename take eerder so gou moontlik te doen as om dit uit te stel. Dankie vir hierdie artikel.

H. H., Verenigde State

As ’n vader en ’n Christen- ouer man kan ek sien dat ons jongmense besorg is oor die toekoms. Julle raad om sake met ouers te bespreek en probleme dadelik aan te pak, is goed. Dankie vir julle voortgesette belangstelling in ons jongmense.

R. H., Kanada

Tieners met depressie Ek moes ’n opstel skryf oor ’n maatskaplike kwessie van my keuse wat gepas sou wees vir adolessente. Ek het die voorbladreeks, “Hulp vir tieners met depressie”, van 8 September 2001 gebruik. Die tieners in my omgewing sukkel baie met depressie. Ek het al in die verlede die Ontwaak! vir ander take gebruik—en ek het baie goeie punte gekry!

S. H., Australië

Ons tienerseun het ’n infeksie gehad wat sy hart en brein aangetas het. Die siekte is behandel, maar die groter gevaar—die depressie wat daarmee gepaardgegaan het—het onontdek gebly. Ons seun het sy eie lewe geneem. Hoewel dit te laat is om hom te help, het hierdie reeks ons nogtans baie gehelp om sy toestand te verstaan. Ons het dit so waardeer dat julle hierdie onderwerp bespreek het en dat julle sulke liefdevolle besorgdheid oor ons jongmense toon.

G. & G. R., Duitsland

Ek voel soms baie neerslagtig en dan begin ek dink dat ek niks werd is nie. Ek het skaam gevoel om met my Christenouers of met die gemeentelike ouer manne oor my gevoelens te praat. Maar toe ek die sin lees wat sê, “Jou toestand is nie jou skuld nie”, was ek so verlig! En ek het weer eens besef dat ek nie alleen is nie.

H. T., Japan

Ons beskou die wêreld Ek skryf net om julle geluk te wens met die komiese tekeninge in “Ons beskou die wêreld”. Dit help my om die nuusbrokkies wat daardeur geïllustreer word, te onthou, en boonop laat dit my glimlag. Hou aan met julle uitstekende werk!

A.I.P.B., Spanje

Maja-kalender Ek het ’n fout opgelet in die artikel “Die Majas—destyds en vandag” (8 September 2001). Die meegaande prent in die venster “Die Maja-kalender” is eintlik dié van die Asteekse sonkalender. Om meer presies te wees, dit is die middelste gedeelte van die kalender, wat die Asteekse songod uitbeeld.

R. S., Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Dit lyk of ons leser reg is. Die kommersiële voorsiener het blykbaar die foto van die verkeerde byskrif voorsien. Die fout is ongelukkig nie opgelet voordat die tydskrif gedruk is nie. Ons vra om verskoning vir die fout.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel