Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 6/22 bl. 18
  • Hoë Geboue word nog steeds in Asië gebou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoë Geboue word nog steeds in Asië gebou
  • Ontwaak!—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1996
  • Die lewe bo die wolke
    Ontwaak!—2004
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2004
  • Kan materiële welvaart geluk waarborg?
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 6/22 bl. 18

Hoë Geboue word nog steeds in Asië gebou

“Daar word tans ses wolkekrabbers beplan wat hoër sal wees as die eens indrukwekkende World Trade Center van 1 376 voet [419 meter]”, sê The Wall Street Journal. “Hulle is almal in Asië.” Die Journal sê verder dat “die groot geesdrif vir hoë geboue van die afgelope 20 jaar steeds [daar] voortduur”.

Die toringhoë geboue sal bo die stadsprofiele van stede in China, Korea en Taiwan uittroon. “Die begeerte om tot hoog in die hemel te reik, is diep in die menslike psige gewortel”, sê Cesar Pelli, die argitek van die Twin Petronas Towers in Kuala Lumpur, Maleisië, wat tans die hoogste geboue in die wêreld is. “Sedert die toring van Babel is daar ’n begeerte om ’n baken in die lug op te rig.”

Ingenieurs tref bykomende maatreëls om geboue veiliger te maak. Dit sluit die volgende in: opelug-“toevlugsvloere” elke 10 tot 12 verdiepings, ’n sterker kern, vakwerk wat die kern met die buitenste hoofkolomme verbind of wat die gebou omsluit asook meer brandtrappe, wat na onder geleidelik wyer word sodat meer mense dit tydens ’n noodgeval kan gebruik.

Tans is daar meer as 20 bewoonbare geboue in die wêreld wat hoër as 300 meter is, en meer as die helfte van hulle is in Asië. “Tog stem deskundiges saam dat daar nie werklik ’n behoefte aan geboue is met meer as 60 verdiepings nie”, sê die Journal.

[Prent op bladsy 18]

Met ’n hoogte van 452 meter is die Petronas Towers die hoogste in die wêreld

[Tabel/Prente op bladsy 18]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Hoogte van geboue sluit dekoratiewe toringspitse in, maar nie antennas nie.

143 meter 2500 v.G.J. Piramide van Chefren, Giza, Egipte

300 meter 1889 Eiffeltoring, Parys, Frankryk

348 meter 1997 T & C Tower, Kau-sjioeng, Taiwan

369 meter 1989 Bank van China, Hongkong, China

381 meter 1931 Empire State-gebou, New York,

Verenigde State

442 meter 1974 Sears Tower, Chicago, Verenigde State

452 meter 1997 Petronas Towers, Kuala Lumpur, Maleisië

460 meter (word vir 2007 beplan) Sjanghai se

Wêreldsentrum vir Finansies, Sjanghai, China

508 meter (sal teen 2003 voltooi wees) Taipei se Sentrum

vir Finansies, Taipei, Taiwan

[Erkenning]

Alle sketse: Courtesy SkyscraperPage.com

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel