Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 4/22 bl. 31
  • Die geheime van ’n miniatuuroor word ontdek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die geheime van ’n miniatuuroor word ontdek
  • Ontwaak!—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Die akrobatiese toertjies van die vrugtevlieg
    Is dit ontwerp?
  • Die liefdeslied van die kriek
    Ontwaak!—2001
  • Jou gehoor—’n kosbare gawe
    Ontwaak!—1997
  • Kleine meesters van die vliegkuns
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 4/22 bl. 31

Die geheime van ’n miniatuuroor word ontdek

“In die laaste dekade het bioloë ’n nuwe meganisme ontdek waarmee diere klanke opspoor”, sê Science News. “Die ontdekking is gedoen nadat daar waargeneem is hoe ’n parasitiese vlieg klank gebruik om krieke op te spoor, selfs al is die vlieg se kop te klein vir enige van die voorheen bekende klankopsporingsmeganismes om te werk.” Sulke meganismes werk gewoonlik net as daar ’n redelike groot afstand tussen die twee oordromme is.

Volgens ’n studie wat onlangs by die Cornell-universiteit, VSA, gedoen is, “kan wyfievlieë van die spesie Ormia ochracea die presiese oorsprong van klanke tot binne 2 kompasgrade bepaal—net so akkuraat as wat ’n uil dit kan doen”, al is die twee oordromme, wat aan mekaar verbind is, slegs ongeveer ’n millimeter uitmekaar! Die vlieg se uilagtige akoestiese presisie kan toegeskryf word aan ’n vindingryke gehoorapparaat.

Die insek se oordromme word verbind met materiaal wat die twee membrane in staat stel om as ’n eenheid vorentoe en agtertoe te beweeg—amper soos ’n wipplank op ’n speelterrein. Wanneer die klank wat deur ’n kriek voortgebring word, die vlieg bereik, word vibrasies in die naaste oordrom byna oombliklik na die ander oordrom oorgedra, wat daartoe lei dat dieselfde inkomende klankgolf ’n swakker vibrasie in hierdie oordrom voortbring. Gevolglik is die vibrasie sterker in die membraan wat naaste aan die kriek is. Dit stel die vlieg in staat om sy prooi op te spoor.

Watter praktiese waarde het hierdie ontdekking? Navorsers meen dat dit hulle kan help om die ontwerp van toestelle soos mikrofone en gehoorapparate te verbeter. Laasgenoemde kan byvoorbeeld ontwerp word sodat dit “klank hoofsaaklik sal opvang uit die rigting waarin die persoon kyk”, sê die verslag. Ja, watter wysheid word tog in Jehovah se ongelooflike skeppingswerke geopenbaar!—Job 42:2.

[Foto-erkennings op bladsy 31]

R. Hoy/Cornell University

Boonste twee foto’s: R. Wyttenbach/ Cornell University

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel