Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 10/22 bl. 24
  • ’n Parasitiese maar nuttige wesp

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Parasitiese maar nuttige wesp
  • Ontwaak!—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Die ingenieursvernuf van die papierwesp
    Ontwaak!—2012
  • Die lêboor van die dennewesp
    Ontwaak!—2011
  • “Treintjies” wat in die donker gloei
    Ontwaak!—2006
  • Klein ligdraertjies van Nieu-seeland
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 10/22 bl. 24

’n Parasitiese maar nuttige wesp

DIE sluipwesp lyk weliswaar snaaks, amper skrikwekkend. Maar waarom word dit parasities genoem? Omdat dit gewoonlik voortplant deur ’n eier in of op die larwe van ’n ander insek of spinnekop te lê.

In Noord-Amerika is daar meer as 3 000 spesies ware sluipwespe. En hierdie wespe is deel van ’n groot familie wat uit verskillende soorte parasitiese wespe bestaan. Wetenskaplikes skat dat daar wêreldwyd meer as 40 000 spesies is wat aan hierdie insekfamilie behoort.

Die groottes van sluipwespe wissel van omtrent 3 tot 50 millimeter. Hulle dun, gekromde agterlyf is langer as hulle kop en borsstuk saam. Sluipwespe verskil van perdebye deurdat hulle langer voelhorings het.

Die vernaamste kenmerk van sluipwespe is ’n naaldvormige buis aan die punt van die agterlyf. Hierdie orgaan wat gebruik word om eiers te lê, word die lêboor genoem en is dikwels langer as die lyf. Dit is niks dikker as ’n perdehaar nie en het drie garingagtige draadjies wat heen en weer gly om die eier in die buis af te dwing.

Hoe spoor die sluipwesp die larwe van ’n moontlike gasheer op? Daar is al gesien hoe die vroulike Megarhyssa-wesp, ’n soort sluipwesp, met haar voelhorings teen ’n boom tik om te voel of daar enige vibrasies is van ’n larwe wat twee of meer sentimeter onder die boombas lewe. Sodra sy agterkom dat daar ’n larwe is, tik sy al hoe vinniger. Uiteindelik begin sy die bas met die buis binnedring, asof sy daarin boor.

Waarnemers het gesê: “Sodra die punt van die wesp se lêboor die larwe raak, word ’n eier in die buis afgedruk en langs of bo-op die gedoemde gasheer geplaas.” Wanneer die eier uitbroei, eet die nuwe larwe die gasheer se vet en liggaamsvloeistowwe. Dan spin hy ’n sykokon waarin hy tot ’n volgroeide wesp ontwikkel. Wanneer die wesp die buitekant van die boom bereik, is hy gereed om ’n nuwe geslag insekte te teister.

Hoewel ’n mens hierdie groep insekte as genadelose parasiete kan beskryf, is sluipwespe nuttig. Hulle larwes eet insekte wat voedselgewasse beskadig, soos aardwantse, bolkalander, appelmotte en aspersiekewertjies, om maar net ’n paar te noem. Gevolglik beheer sluipwespe klaarblyklik die vermeerdering van landbouplae.

Hoewel daar talle sluipwespe is, sien mense hulle selde omdat hulle gewoonlik eet, voortplant en eiers lê in habitats wat selde deur mense besoek word. Sluipwespe dien dus as nog ’n voorbeeld van die verskeidenheid en balans van lewende dinge wat die mens nog nie heeltemal begryp nie.

[Prent op bladsy 24]

’n Sluipwesp maak gereed om haar eier te lê

[Erkenning]

Scott Bauer/Agricultural Research Service, USDA

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel