Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 11/06 bl. 26
  • “Treintjies” wat in die donker gloei

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Treintjies” wat in die donker gloei
  • Ontwaak!—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Parasitiese maar nuttige wesp
    Ontwaak!—2003
  • Klein ligdraertjies van Nieu-seeland
    Ontwaak!—1997
  • “Volmaakte lig”
    Ontwaak!—2002
  • Skaduwees oor die reënwoud
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 11/06 bl. 26

“Treintjies” wat in die donker gloei

◼ Op ’n stil aand in die Brasiliaanse bos verskyn ’n “treintjie” van onder die dooie blare op die woudvloer. Twee rooi “kopligte” skyn op sy pad en 11 pare geelgroen lanterntjies verlig sy kante. Dit is beslis nie ’n gewone trein nie. Dit is eerder ’n sewe sentimeter lange larwe van die kewerfamilie Phengodidae, wat in Noord- en Suid-Amerika aangetref word. Omdat die wyfies, wat hulle larwevorm behou, soos treinwaens lyk wat van binne verlig is, word hulle dikwels spoorwegwurms genoem. Brasiliaanse plattelanders noem hulle treintjies.

Gedurende die dag is dit moeilik om die vaal, bruin larwe raak te sien. Maar saans kondig die wurm sy teenwoordigheid met ’n verbasende ry liggies aan. Die liggies gloei met behulp van die organiese stof luciferien wat deur middel van die ensiem luciferase oksideer om koue lig uit te straal. Die lig kan rooi, oranje, geel of groen wees.

Die rooi kopligte gloei byna aanhoudend—maar nie die geelgroen syliggies nie. Navorsing dui daarop dat die kopligte die larwe help om duisendpote, sy gunstelingprooi, te vind terwyl die syliggies blykbaar vyande, soos miere, paddas en spinnekoppe, afskrik. Die lig wat die wurm uitstraal, sê as ’t ware: “Ek proe sleg. Gaan weg!” Gevolglik gloei die syliggies wanneer die larwe ’n moontlike vyand gewaar. Hulle skyn ook wanneer die wurm duisendpote aanval en wanneer die wyfie om haar eiers gekrul lê. Onder normale omstandighede word die syliggies al helderder totdat hulle op hulle helderste skyn, en dan gaan dan hulle af—alles binne ’n paar sekondes—en die siklus word soveel keer herhaal as wat dit nodig is.

Ja, selfs tussen die blare op die woudvloer vind ’n mens buitengewone prag, wat jou herinner aan die psalmis se woorde van lof aan die Skepper: “Die aarde is vol van wat u voortgebring het.”—Psalm 104:24.

[[Foto-erkenning op bladsy 26]

Robert F. Sisson/National Geographic Image Collection

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel