Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 3/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2004
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 3/22 bl. 30

Van ons lesers

Eensaamheid Ek moes eenvoudig skryf nadat ek die reeks “Alleen maar nie eensaam nie” (8 Junie 2004) gelees het. Toe ek hierdie reeks die eerste keer sien, het ek nie veel daarin belanggestel nie. Maar eers toe ek dit begin lees, het ek besef dat ek geneig is om my emosioneel van mense af te sonder. Die wenke wat julle gegee het, is presies wat ek nodig gehad het.

A. V., Verenigde State

Ek kry siekteaanvalle en ly aan depressie, en ek slaap die meeste van die tyd weens die newe-effekte van my medikasie. Daarom voel ek dikwels alleen en eensaam. Hierdie artikels het my help verstaan dat selfs wanneer ons eensaam voel, ons nie alleen is nie!

J. C., Verenigde State

Ek is 14 jaar oud, en daar was ’n stadium toe ek by my klasmaats wou inpas. Ek het gedink dat hulle my vriende is. Maar toe hulle sien dat ek as ’n Christen anders is, het ek besef dat hulle nie langer my vriende sou wees as ek nie verander en soos hulle word nie. Ek besef nou dat ware vriende—oud en jonk—in die Christengemeente gevind kan word.

N. C., Spanje

Hierdie reeks het my laat besef waarom ek so negatief gereageer het toe my man op ’n sakereis moes gaan en ek alleen moes agterbly. Julle raad om eensaamheid as ’n algemene ervaring te beskou en met ’n volwasse vriendin daaroor te praat, het my baie gehelp.

J. H., Tsjeggiese Republiek

Ek gaan binnekort verhuis na ’n gebied waar daar evangeliedienaars nodig is. My ma is bly hieroor, maar sy voel soms eensaam. Net toe ek begin wonder het wat ek daaromtrent kan doen, het hierdie artikels verskyn. Ek is nou van plan om gereeld met my ma te kommunikeer en die vreugdes te deel wat ek in die bediening ondervind.

N. K., Japan

Toring van Londen Die artikel “Die Toring van Londen—’n historiese herinnering aan ’n stormagtige verlede” (8 Junie 2004) het op net die regte tyd gekom. My onderwyseres en van my skoolmaats het kort tevore teruggekeer van ’n uitstappie na Londen. Danksy hierdie artikel kon ek my voorstel hoe dit moes wees om Londen te besoek—en dit het my niks gekos nie!

P. L., Duitsland

Kwelgedagtes Ek het onlangs, as gevolg van kwelgedagtes, baie moeg geword. Omdat ek gedink het dat gebrek aan geloof die rede vir my toestand is, het dit dinge net vererger. Ek was baie dankbaar vir die artikel “Die Bybelse beskouing: Toon kwelgedagtes ’n gebrek aan geloof?” (8 Junie 2004). Jehovah moedig my altyd aan wanneer ek bekommerd is.

J. I., Japan

Demografie In die artikel “Demografie, die Bybel en die toekoms” (8 Mei 2004) sê julle dat die Israeliete Egipte ná 215 jaar verlaat het. Maar Eksodus 12:40, 41 sê dat dit 430 jaar was.

R. C., Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Eksodus 12:40 sê: “Die tyd van die verblyf van die kinders van Israel, wat in Egipte gewoon het, was vierhonderd-en-dertig jaar.” Let op dat “die verblyf van die kinders van Israel” nie beperk is tot die tyd wat die Jode in Egipte deurgebring het nie; blykbaar dek dit eerder die hele tydperk wat begin het toe Abraham die land Kanaän binnegegaan het. Die apostel Paulus het getoon dat hierdie tydperk van 430 jaar begin het toe die Abrahamitiese verbond bekragtig is (Galasiërs 3:16, 17). Dit het plaasgevind toe Abraham in 1943 v.G.J. Kanaän binnegegaan het. Bybelchronologie dui daarop dat 215 jaar verloop het voordat die Jode na Egipte getrek het. Dit laat 215 jaar waarin die Jode in werklikheid “in Egipte gewoon het”.—Sien die artikel “Chronology”, in Deel 1 van “Insight on the Scriptures”, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel