Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 4/8 bl. 13
  • “Kan gevangenes gerehabiliteer word?”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Kan gevangenes gerehabiliteer word?”
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
  • Verhale van geloof uit ’n historiese gevangenis
    Ontwaak!—2001
  • “Julle het my indruk van Jehovah Se Getuies verander”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Is ware rehabilitasie moontlik?
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 4/8 bl. 13

“Kan gevangenes gerehabiliteer word?”

Dít was die vraag op die voorblad van die “Ontwaak!” van 8 Mei 2001. Baie lesers het hulle waardering vir hierdie reeks artikels uitgespreek, wat ’n verslag ingesluit het van die Bybelopvoedkundige program van Jehovah se Getuies in die federale gevangenis in Atlanta, Georgia, VSA. Hier volg ’n paar aanhalings uit die baie briewe wat ontvang is.

◼ “Ek is al agt jaar lank ’n gevangene en ek sien dat die Bybelonderrigtingswerk wat Jehovah se Getuies in die gevangenisse doen, werklik suksesvol is. Terwyl ek in die strafgevangenis in Atlanta was, het ek die voorreg gehad om saam met vyf van dié wat in julle artikel genoem is, te werk. Ek was so dankbaar vir hulle liefde en ondersteuning. Ek bedank sulke broers, wat hulle liefde betoon aan ons wat ’n fout begaan het, maar wat probeer om dit reg te stel en beter mense te word.”—R. J.

◼ “Ek is op die oomblik in ’n korrektiewe inrigting, en die broers van die plaaslike gemeente het dit reggekry om ’n uitstekende onderrigprogram hier te reël. ’n Ander gevangene is as gevolg hiervan gedoop, en ek, wat vroeër uit die Christengemeente gesit is, is nou herstel. Baie ander bestudeer die Bybel. Dit is bemoedigend om te weet dat ons deel is van ’n wêreldwye onderrigtingswerk. Hoe wonderlik is dit tog om Jehovah te dien, ongeag waar ons is!”—J. M.

◼ “In 1970 is ek in die tronk gegooi vir ’n misdaad wat ek nie gepleeg het nie. Ek het ’n vonnis van 14 jaar uitgedien. Terwyl ek in die tronk was, het ek die Bybel saam met Jehovah se Getuies begin studeer. Ek was diep beïndruk deur hulle eerlikheid en besorgdheid. Nadat ek vrygelaat is, het ek voortgegaan met my studie, en ek is kort daarna gedoop. Partykeer voel ek nog gefrustreerd en woedend oor die onregverdigheid wat ek deurgemaak het. Maar ek herinner my daaraan dat Jehovah in die nabye toekoms ’n einde aan alle onregverdigheid en lyding sal maak. Gevangenes kan verander as hulle ag slaan op die onderrigting wat in die Bybel gevind word. Hulle kan ook dankbaar wees vir die inspanning van ons hardwerkende broers wat hulle tyd opoffer om hulle te help. Ek weet ek is!”—R. S.

◼ “Toe ek in die tronk beland het, het ek sigarette gerook, dwelms gebruik, gevloek en geen respek vir gesag gehad nie. Ek het ook aan ’n bende behoort. Daarbenewens was ek uit die Christengemeente gesit. Nou is ek herstel, en ek maak goeie vordering. Danksy die waarheid, voel ek alreeds vry!”—I. G.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel