Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 12/8 bl. 2-3
  • Haweloosheid—’n Wêreldwye probleem

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Haweloosheid—’n Wêreldwye probleem
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Haweloosheid—Wat is die oorsaak?
    Ontwaak!—2005
  • Daklose kinders—Is daar ’n oplossing?
    Ontwaak!—1990
  • Daklose kinders—Wie dra die skuld?
    Ontwaak!—1990
  • Haweloosheid—Wat is die oplossing?
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 12/8 bl. 2-3

Haweloosheid—’n Wêreldwye probleem

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN POLE

“SMERIGE, onwelriekende dronklappe—hulle besit niks, het geen identiteit nie, het hoegenaamd niks nie!” Dit is ’n ontstellende stereotipe, maar volgens vrywilligers wat met die haweloses in Czestochowa, Pole, werk, is dit presies hoe mense oor die algemeen diegene beskou wat nie ’n dak oor hulle kop het nie.

Baie van die duisende straatkinders in die stad Ulaanbatar, Mongolië, woon volgens ’n verslag wat ’n paar jaar gelede in The Economist verskyn het, in walglike ondergrondse gange wat na die riole of na die stad se verwarmingstelsel lei. Hoewel Mongole geskok was om van hierdie hawelose kinders te hore te kom, het baie aangeneem dat die situasie ontstaan het “omdat mense te lui is om vir hulle kinders te sorg”, het die tydskrif gesê.

Aan die ander kant van die wêreld word straatkinders deur moordbendes van selfaangestelde vigilantes doodgemaak. Waarom? ’n Publikasie van die Verenigde Nasies het verduidelik: “In Latyns-Amerika is baie in die justisie, die polisie, die media, die sakewêreld en die algemene publiek van mening dat straatkinders ’n sedelike bedreiging vir ’n beskaafde gemeenskap inhou.” Dieselfde bron het gesê: “Na wat berig word, word gemiddeld drie straatkinders elke dag in die staat Rio de Janeiro doodgemaak.”

Haweloses “wek vrees en agterdog by ons . . . , maar hulle is mense wat dieselfde hongerpyne as ons ervaar. Daar is baie van hulle, en hulle het ’n werklike behoefte.” So lui ’n aanhaling uit ’n webblad wat geskep is deur vrywilligers wat met die haweloses in Czestochowa werk. Dieselfde bron voeg by: “Ons hoop dat . . . daar mense sal wees wat in hierdie groot behoefte sal voorsien.” Wat is die behoefte presies, en hoe groot is dit?

[Prent op bladsy 2, 3]

’n Groep hawelose kinders woon onder hierdie mangatdeksel

[Erkenning]

Jacob Ehrbahn/Morgenavisen Jyllands-Posten

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel